Goeiedag.
Tema: Met Oorgawe
SPREUKE 10:4-5 AFR53
[4] Hy word arm wat met ‘n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk. [5] Hy wat in die somer wegbêre, is ‘n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is ‘n seun wat skande maak.
Hierdie vers(4) het n baie wyer toepassing as op die oog af. Dit geld op alle gebiede in die lewe, nie net op finansieële gebied nie. Die lewe het baie meer fasette as net werk, ook gesin , sosiale gemeenskap, kerk gemeenskap,vriendekring ens. Om ‘n ryk lewe in elke faset te beleef, vereis toewyding op ‘n gebalanseede wyse. Daar is ‘n seisoen vir elke gebied van die lewe en dit is noodsaaklik om bewus te wees van die spesifieke seisoen. Seisoene is net ‘n beperkte, daarom moet die meeste gemaak word van die beskikbare tyd. Die Woord se raad is:
KOLOSSENSE 3:23 AFR53
[23] En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,
Dit wat jy doen moet jy in oorgawe doen op so ‘n manier dat dit die Here verheerlik. Dan doen jy dit nie met ‘n trae hand nie maar met vlyt en vreugde ,dan is dit nie ‘n werkslas nie maar ‘n vervulling. Dan vind jy behae in die sweet van jou aangesig en beleef dit nie as ‘n vervloeking nie. ‘n Mens moet wysheid openbaar om die begin en einde van seisoene raak te sien. Sommige wil graag in een seisoen bly en nie groei na ‘n volgende nie; daar is ‘n bepaalde tyd vir alles, leef daarmee. Gebruik die verstand en kennis om jou te lei daarin, dit is nie ‘n gevoel saak nie.
I KORINTHIËRS 14:20 AFR53
[20] Broeders, moenie kinders wees in die verstand nie, maar wees kinders in die boosheid en wees volwassenes in die verstand. As hy betrokke was in die oorlog, was hy nie by die paleis om haar raak te sien nie.
Mens moet te besig wees met die goeie om tyd te hê om die slegte te doen. Ledigheid bring versoeking en skande. Kyk maar na die voorbeeld van koning David met Batseba. Dit is wys om volgens ‘n lewensplan te leef met defnitiewe meetbare doelwitte. Dit geld vir jonk en oud. Om altyd na iets te streef om te bereik is ‘n gesonde beginsel. As jy jonk is berei jy voor vir oudag, as jy oud is hoort jy ‘n begeleier van die nuwe geslag te wees.
Genade en Vrede vir jou.
David