Goeiedag.
Tema: Geregtigheid
Die hoof punt in die volgende verse is die voordele gekoppel aan geregtigheid.
Interne geregtigheid. Die weegskaal van enige daad is geregtigheid. Met ander woorde het ‘n mens se optrede enige ander mens benadeel. Benadeel in die wyer sin van die woord. Emosioneel, fisies, finansieel, geestelik, verwerping, ens. Geregtigheid is n kwaliteit wat geweeg word in n persoon volgens:
MATTHÉÜS 5:20 AFR53
[20] Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die inhemele sal ingaan nie.
Trouens die Woord maak die stelling:
PSALMS 97:2 AFR53
[2] Wolke en donkerheid is rondom Hom; geregtigheid en reg is die grondslag van sy troon.
Dit is skrikwekend, want dit beteken as ‘n mens ‘n ander mens benadeel het kan jy in die hemel kom voordat daar restitisie gedoen is nie. Dit is jy het gaan regmaak met die ander persoon en vergifnis ontvang. Die Here beskou diè saak so ernstig dat Hy die volgende opdrag gee:
MATTHÉÜS 5:23-24 AFR53
[23] As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, [24] laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.
Van die voordele van gergtigheid word in SPREUKE genoem, daar is nog baie ander:
SPREUKE 11:3-6 AFR53
[3] Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle ‘n leier, maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle. [4] Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie, maar geregtigheid red van die dood. [5] Die geregtigheid van die regskapene maak sy weg gelyk, maar die goddelose val deur sy goddeloosheid. [6] Die geregtigheid van die opregtes red hulle, maar deur hulle eie begeerlikheid word die ontroues gevang
Geregtigheid moet op die tafel van jou hart ingegraveer wees sodat jy nie daarvan afwyk nie. Daarom bestudeer ons die Woord na aanleiding van die opdrag:
MATTHÉÜS 6:33 AFR53
[33] Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
In effek het ons nou eers na die inleiding tot geregtigheid gekyk, daar is baie meer, jag dit.
Genade en Vrede vir jou.
David