Goeiedag.
Verwagting
Wanneer mens gebore word is daar ‘n verwagting en ideale by die ouers vir die kind, wat soms die kind se mikpunt word. Die geboorte van Jesus Christus was ook so aan verwagtinge en ideale gekoppel. Die grootste verwagting was dat Hy die koninkryk van God op aarde sou kom vestig. LUKAS 10 :1-24 gee ‘n beskrywing van die effek van die koninkryk van God op aarde.
LUKAS 10:18 AFR53
[18] Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val.
Die weder gebore kinders van God is toegerus en bemagtig om die koninkryk van Satan te openeer en siele te win vir die koninkryk van God. In die Ou Testamentiese bedeling het slegs die priesters een maal per jaar toegang gehad tot God in die allerheiligste. Slegs die priesters kon offers bring, nie die volk nie. Toe koning Saul benoud geword het na hy sewe dae op die priester gewag het, in ‘n oorlog situasie. Het hy self ‘n offer gebring, en is hy verwerp as koning. Dit was nie sy enigste oortreding nie, maar ‘n kritiese oortreding van die wet van Moses en het hom sy koningskap en lewe gekos.
Met die Nuwe Testamentiese bedeling het weergebore gelowiges die voorreg gekry om direk met God te kommunikeer, nie meer deurmiddel van ‘n priester en ‘n offer nie. Hulle het ‘n dubbele verwagting gekry volgens die beloftes van die Woord.
Eerstens:
HANDELINGE 2:38 AFR53
[38] En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
Om die gawe van die Heilige Gees te ontvang beteken om die Heilige Gees te ontvang , dit is die teenwoordigheid van God in jou aardse lewe. Nie meer in ‘n tempel of deur ‘n fisiese offergawe nie. Jou offergawe is verander na ‘n heilige lewe in gehoorsaamheid aan God .
Tweedens:
‘n Lewende verwagting van ‘n wederkoms van Jesus.
I THESSALONICENSE 4:17 AFR53
[17] Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
Weet en is elkeen oortuig van hierdie waarhede. Dit is van die resultate van die geboorte van Jesus. Halleluja
Genade en Vrede vir jou.
David