Goeiedag.
Tema: Verheerliking
Met die viering van Jesus se geboorte bewys ons ook dat ons ‘n besondere verwagting het op Sy verheerliking. Met Hom is dit nie die normale lewens siklus van geboorte en dood nie. Dit is ‘n nuwe eerste siklus van geboorte, dood en opstanding en verheerliking. Jesus het opgestaan, opgevaar na die hemel en gaan sit aan die regterhand van God die Vader.
HANDELINGE 1:11 AFR53
[11] wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.
Hy het aarde toe gekom en die gestalte van ‘n dienskneg aangeneem.
FILIPPENSE 2:7-9 AFR53
[7] maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; [8] en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. [9] Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is,
Hy was die lam van God op aarde wat Sy lewe afgelê het vir ons versoening, maar Hy kom verheerlik terug. Nie weer as dienskneg nie maar as Heerser.
Johannes beskryf Hom in Opebaring 1, lees gerus die hoofstuk.
ek haal aan:
OPENBARING 1:16 AFR53
[16] En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.
Hy kom terug as diè verheerlikte Seun van God , vreesaanjaend en vol krag. Almal, elke mens sal soos Johannes oorbluf neerslaan in verdwasing.
OPENBARING 1:17-18 AFR53
[17] En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste [18] en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.
Hoe kan ‘n mens nie uitjubel in die belewenis van die geboorte van Jesus, maar ook in die wete van die weerkom as verheerlikde verlosser van jou en my nie.
Genade en Vrede vir jou.
David