Dit is met groot dankbaarheid dat ons kan terugkyk op 2024. Dit was ‘n jaar wat elkeen die seën en sorg van die Here beleef het. Die pad was nie vir ons te veel nie. Elke more kon ons, ons skoene volmaak en nog ‘n dag aanpak , nie alleen nie maar onder die Here se bewaring en guns. Ons dank HOM daarvoor.
2025 sal weer sy kwota van verrassings en nuwe uitdagings bring. Die Here sal getrou nog steeds voorloop, wat ook al op ons pad kom. Ek spreek die die priesterlike seën oor jul:
NÚMERI 6:24-27 AFR53
[24] Die Here sal jou seën en jou behoed; [25] die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; [26] die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee. [27] So moet hulle dan my Naam op die kinders van Israel lê; en Ék sal hulle seën.
En ook die Nuwe Testamentiese begenadiging:
GALÁSIËRS 1:3-4 AFR53
[3] Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus, [4] wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader.
Groete en liefde.
David en Marthie