Goeiedag.
Tema: Sielkundig
‘n Groot deel van Spreuke addresseer nie sonde nie. maar die mens se houding en benadering tot die lewe. Nie net dade nie maar ook sy oortuigings en beginsels waarvolgens die mens leef. Dit is daarom dat die boek so lank is want dit spreuk die abstrakte nie fisiese, aspek van die mens se lewe aan. Salomo wys in vers [27] daarop dat die bedoeling van jou hart die vrug van jou lewe bepaal. ‘n Mens is dit wat hy dink, sy bedoelings. Daarom se die Woord dit duidelik wat ‘n mens moet bedink:
FILIPPENSE 4:8 AFR53
[8] Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
Wat jou gedagtes aangaan, word in jou optrede gesien. Die beginsel van ‘n goeie boom wat goeie vrugte dra en ‘n slegte boom wat slegte vrugte dra.
SPREUKE 11:27-31 AFR53
[27] Wie die goeie nastreef, soek wat welgevallig is; maar hy wat die kwaad soek, oor hom sal dit kom.
Die aksie, van die goeie nastreef, word opgesom met die woorde:
KOLOSSENSE 3:23 AFR53
[23] En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,
Is ons op hierdie plek in ons daaglikse bedrywighede of werk ons nog vir ‘n baas, of ‘n salaris, of eer, of jaag ons rykdom na?
Netso wys hy in die volgende vers [28] dat n mens die hoeveelheid van jou besittings nie ‘n fondament is waarop ‘n mens kan bou nie. Om rykdom te jaag is soos om op sand te bou. Bou eeder op die rots van die Woord.
[28] Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit.
Die regverdige, vertrou nie op rykdom nie nieteenstaande al die voordele wat die bring. Die regverdige ryk persoon verstaan en beleef die Woord:
LUKAS 12:29-31 AFR53
[29] Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie; [30] want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het. [31] Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Is hierdie twee beginsels deel van jou waardestelsel waarvolgens jy leef? Vra maar net.
Genade en Vrede vir jou.
David