Goeiedag.
Tema: Verdeeltheid
Die samelewing van vandag word gekenmerk aan die abnormale hoeveelheid van enkelouers. Die tradisionele huwelik en eenheid van families is op ‘n laagtepunt. Kinders word in ‘n toestand van emosionele warboel sonder die sekuteit groot, wat eie is aan ‘n gesin en groter familie . Die tragiese toestand is die gevolg van rebelleer teen die wet van God wat ‘n bepaalde orde in die gesin gestel het. ‘n Man is die hoof van die huis, kinders moet hul ouers eer, ens. Die familie eenheid en lewe behaag God en dit is wat Hy wil gee (Ps 133). God se Woord waarsku in Spreuke teen persone wat verdeeltheid bring en die gevolge daarvan:
SPREUKE 11:29 AFR53
[29] Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en ‘n dwaas word ‘n slaaf van hom wat wys van hart is.
Of in n ander vertaling:
Proverbs 11:29 GW
[29] Whoever brings trouble upon his family inherits ⌞only⌟ wind, and that stubborn fool becomes a slave to the wise in heart.
Die beginsel word bevestig in:
MATTHÉÜS 12:25 AFR53
[25] Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.
Rebelsheid, ongehoorsaamheid aan ouers , oneerbiedigheid vir ander, geen onderdanigheid, geen leierskap in gesin, terg, twis, liefdeloosheid,ens is alles houdings en aksies wat gesinne vernietig. Die vraag is; wie se verantwoordelikheid is dit om eenheid te handhaaf? Na my mening word die antwoord bepaal deur die gesin se omstandighede. Wat nie onduidelik is nie is dat elkeen in ‘n gesin en familie ‘n verantwoordelikheid tot eenheid het. Die verantwoordelikheid moet aan geleer, beoefen en geevalueer word. Destruktiewe gedrag moet aangespreek en gekorrigeer word sodat daar ‘n duidelike doelstelling van eenheid nagejaag kan word. Die tragiese alternatief is vernietiging en slawerny. Hierdie slawerny kan baie vorme aanneem en word gedryf deur emisionele skade soos, ‘n gevoel van minderwaardigheid en verwerping. Die plek is te min om diesulke gedrag te beskryf maar gee terugvoer oor jou begrip daarvan.
Genade en Vrede vir jou.
David