Goeiedag.
Tema: Liefde taal
Daar is ‘n universele taal wat almal verstaan en na hunker en dit is die taal van liefde. Dit is nie beperk tot woorde nie maar word getoon deur dade. Die Apostel Jacobus spreek dit so treffend aan met die volgende voorbeeld:
JAKOBUS 2:15 AFR53
[15] As daar nou ‘n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het,
Wat doen jy in hierdie geval? Rugdraai, wegloop, simpatie, jammer voel, of maak die liefde van Christus dat jy iets daadwerkliks doen. Is n ander se nood vir jou geleentheid tot die uitleef van liefde of is dit ‘n verleentheid? Dit is asof Salomo hierdie vraag deurdink het en beantwoord:
SPREUKE 11:30-31 AFR53
[30] Die vrug van die regverdige is ‘n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys. [31] As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar!
Die vrug van ‘n is, ‘n boom van lewe vir jouself maar ook vir die in nood rondom jou. Dit is nie noodwendig beperk tot materieele dinge nie. Daar is ‘n liefdelose wêreld wat smag na ‘n bietjie omgee, ‘n sagte bemoedigende woord, ‘n glimlag, ‘n grappie, ‘n bietjie erkenning, ‘n bietjie vreligting, deurnis, ens. Dit wat die vrug van die Gees bied. Nie wat van ‘n mens kom nie, maar kom deur die lewende water , sout en lig wat die vrug van geregtigheid is.
Jesus het die voorbeeld gestel om as dienaar te kom. Hy is en was die lig van die wêreld, wat duisternis nie kan oorweldig nie. Elke gelowige is geroep om soortgelyk te dien, in die plek waar jy volstaan. Dit is nie ‘n minderwaardige plek nie maar ‘n unieke plek wat net jy kan vul. Niemand anders het jou vriende kring of gesin nie net jy kan die sout daar wees. Die vrug van jou lewe kan siele wen of laat verlore gaan. Die mens ontvang die vrug van wat hy gesaai het, goed of sleg. Hoe lyk die oes wat jy nou al begin ontvang. Is jou oes vrede en blydskap of benoudheid en vrees?
Sommige verwag die oes van hul lewe verkeerdelik eers in die hiernamaals. Maar die mens oes daagliks van die vrug van sy lewens wandel, wat eers voltooi word in die ewigheid.
Genade en Vrede vir jou.
David