Goeiedag.
Tema: Teregwysing
Om onderrig te ontvang is uitputtend. Dit vereis konsentrasie en begrip sodat dit kan vaslê. Dit is egter baie maklik as dit gemeet word teen onderrig van jou eie self, menende jou gewoontes, denkpatroon, waardes, geloof, ens. Die dinge wat jou maak wat jy is. Die mens is baie sensitief vir enige kritiek en neem gewoonlik aanstoot as dit gebeur. Tog leer die Woord ons dat ook die dissipline in ons lewe moet verwelkom.
SPREUKE 12:1-2 AFR53
[1] EEN wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom. [2] Die goeie verkry ‘n welbehae van die Here, maar Hy veroordeel ‘n slinkse man.
SPREUKE 17:10 AFR53
[10] ‘n Berisping gaan by ‘n verstandige dieper in as om ‘n dwaas honderd maal te slaan.
Dieselfde aksie word beskryf deur, lering, tug, korrigeer, onderrig, teregwys ens. Die doel is om ‘n mens te laat groei en te verbeter. As mens dit so aanvaar is dit makliker om postief daarop te reageer.
Eerlike en opregte kritiek is nooit afbrekend nie en moet met empatie en sagtheid plaasvind. Die bekende uitdrukking geld: Speel die bal en nie die speler nie. Die beste suksesvolle voorbeeld in die lewe van konstruktiwe interaksie tussen mense is ‘n ou getroude paar. Getroude lewe is ‘n volgehou lewe van om mekaar te slyp. As dit effektief en liefdevol plaasvind vind jy ‘n gelukkige paar tot in hul ou dag. As jy ‘n jongmens is gaan steek kersop hoe dit plaasvind.
Na my mening is daar baie goue reëls hoe om enige kritiek te hanteer:
Wees eerlik
Wees objektief
Moenie emosioneel raak nie
Toets die kritiek aan die hand van die Woord.
Vra die Here om jou duidelikheid te gee.
As jul skuldig is bely jou skuld.
Doen altyd ‘n versoeningsdaad as jy skuldig was.
As jy onskuldig is, bid vir die ander persoon.
Vergeet gou die foute van die verlede en vergewe jouself en ander.
Daar sal baie valse kritiek kom om jou te toets, moenie alles aanvaar nie.
Groei tot ‘n volwasse individu, met ‘n identiteut gevestig in Christus.
Wees nederig.
Wanner jy kwaad word moenie sondig nie.
Om op te som: wees volwasse.
Genade en Vrede vir jou.
David