Goeiedag.
Tema: Terug
Elke seisoen plant boere in die lente om eers in die herfs te oes. Ander snoei bome in herfs om eers volgende jaar laat somer weer te oes. Die punt wat ek maak is dat die uitkoms van ‘n mens se aksies nooit onmiddelik is nie. Dit dra vrug, goed of sleg. Sommige aksies is soos ‘n jaargewas, vinnig en verby. Ander is soos ‘n mostertsaad, klein maar raak ‘n groot boom. Die volgende verse bring die kontras tussen die effek van goeie en slegte saad uit; tussen die lewe van ‘n regverdige en ‘n goddelose.
SPREUKE 12:3, 6-7 AFR53
[3] Geen mens kan deur goddeloosheid bestaan nie, maar die wortel van die regverdiges wankel nie.
[6] Die woorde van die goddelose is om te loer op bloed, maar die mond van die opregtes red hulle. [7] Die goddelose mense word omgekeer, en hulle is daar nie meer nie; maar die huis van die regverdiges bly staan.
Vir die regverdiges kom voorspoed, maar vir die goddelose kom ellende. Die verskil word bepaal oor wat in die hart aangaan. Hart in die sin van die woord , jou denke. Dit waarmee jou gedagtes gevul is.
LUKAS 6:45 AFR53
[45] Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.
So byvoorbeeld is die trappe van ongelukkigheid : ongelukkigheid, neerslagtigheid, onvergenoegdheid, depressie, isolasie, selfmoord. ‘n Boom wat nie ophou groei solank jy dit water gee nie.
Inteenstelling hiermee lei gelukkigheid tot vreugde, blykskap, vrede, vriende, betrokkenheid, vervulling ,ens.
Hoekom wil soveel mense dan nie die vernietigende sirkel van ongeregtigheid breek nie. Dit begin met ‘n keuse van opstaan soos in die gelykenis van die verlore seun.
LUKAS 15:16, 18 AFR53
[16] En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie.
[18] Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u,…
Vir sukses, kies sukses en gaan na die regte plek daarvoor.
Genade en Vrede vir jou.
David