Goeiedag.
Tema: Saamdra
Die mees afbrekende verhouding is na my mening, is twee mense wat in ‘n ongelukkige huwelik is. Dan beleef die mens ‘n drippende kraan of ‘n lekkende dak sitsuasie wat nooit ophou nie. Die beste oplossing vir so ‘n situasie is om nooit daarin te kom nie. Die Woord waarsku uitdruklik teen so ‘n verhouding:
2 Korinthiërs 6:14 AFR20
[14] Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter vennootskap kan daar wees tussen reg en onreg? Of watter verbondenheid kan daar wees tussen lig en duisternis?
Spreuke begin die gesprek hier rondom in:
Spreuke 12:4 AFR20
[4] ‘n Knap vrou is ‘n kroon vir haar man, maar soos verrotting in sy gebeente is ‘n vrou wat skande maak.
Die Woord diskrimineer nie tussen geslagte nie, dieselfde stelling geld ook vir ‘n man. Volgens die Woord is ‘n slegte man ‘n deugniet. ‘n Deugniet beteken; is goed vir niks nie per definisie, met ander woorde, waardeloos. Om waardeloos te wees is die swaarste pak wat ‘n mens kan dra, omdat dit nie ‘n fisiese gestremdheid is nie. Dit lê in eiewaarde en opvoeding. Beide kwessies word opgelos as die mens na Jesus kom:
Matteus 11:28-30 AFR20
[28] “ Kom na My toe, almal wat vermoeid en swaar belas is, en Ek sal julle rus gee. [29] Neem my juk op julle, en leer van My, omdat Ek sagmoedig en nederig van hart is, en julle sal rus vind vir julle gemoed. [30] Want my juk is draaglik en my las is lig.”
Elke siel is kosbaar, so kosbaar dat Jesus Sy lewe daarvoor gegee het. Wanneer die mens ontdek hoe waardevolle hy is breek die lig deur vir hom of haar. Dan kan hul besef hoe kosbaar hul is en watter onvervangbare waarde hul is in God se oë en vir hulle wat hom of haar lief het. Verkeerde verhouding, mislukking en teespoed breek hierdie eie waarde af. Die juk van waardes wat Christus op jou plaas is Sy eiendom en joune. Dit is n geval van saamdra tussen jou en ander. Die resultaat is eendrag wat sukses bring. Jy is ‘n waardevolle vennoot in die sukses van die lewe, as jy nie so dink nie , lees die Woord daarin is dit uitgespel.
Genade en Vrede vir jou.
David