Goeiedag.
Tema: Krag
Die Woord is saamgestel soos ‘n sterk gebou. Stewige laag op laag op laag. So word die feit van die goeie reslutaat van van ‘n gelowige se lewe, en die slegte uitkoms van ‘n ongelowige se lewe, herhaaldelik beklemtoon. Ons lees:
PSALMS 1:1, 3-4 AFR53
[1] WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;
[3] En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit. [4] So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi.
Die selfde stelling word herhaal in die volgende verse en ook in die Nuwe Testament:
Spreuke 12:5-7 AFR20
[5] Die planne van regverdiges is reg, maar die leiding van goddeloses is bedrieglik. [6] Die woorde van goddeloses is ‘n hinderlaag tot bloedvergieting, maar die monde van opregtes red hulle. [7] Goddeloses word omvergewerp en is nie meer daar nie, maar die huis van regverdiges bly staan.
Hierdie feite sal vir die mens ‘n geheim bly as hy die Woord nie gereeld lees nie. Wanneer jy die Woord gereeld lees verander dit jou denke . Dit gebeur omdat die Woord meer as ‘n boek is en die krag van God bevat. Die bekendste voorbeeld van die krag van die Woord, is seker waar Jesus die duiwel verslaan het deur te kon sĂȘ ; Daar staan geskrywe.
Die Woord is terapie vir elke nood:
As jy moedeloos is lees ”n Psalm,
Vir hartseer lees Rut se verhaal.
As jy in gevaar is lees Jakob se lewe.
As jy kosnood het lees van Elia by die spruit Krit.
As jy wysheid kortkom lees Spreuke.
As jy onregverdig ly, lees Josef se storie.
Die Woord hanteer elke moontlike situasie waarin die mens kan kom met voorbeelde uit normale mense se lewe. Hierdie is voorbeelde van krag, waarop die mens kan staan.
Wat ook al die probleem in my en jou lewe,niks is te groot vir die Here nie. Hy het al reeds ‘n voorbeeld van die oplossing in die Woord voorsien. Bewapen jy jouself met die Woord?
Genade en Vrede vir jou.
David