Goeiedag.
Tema: Wat praat jy?
Die spreekwoord sê; wat die hart van vol is loop die mond van oor. Mense se gesprekke en woorde is die vrug van hul denke. Wyser mense laat ander praat om hul harte te hoor en te verstaan. ‘n Mens se lewenswêreld word openbaar deur dit wat gesê word. Die nag toe Petrus Jesus verraai het het sy spraak hom weggegee.
MATTHÉÜS 26:73 AFR53
[73] Maar ‘n bietjie later kom die wat daar staan, en sê vir Petrus: Waarlik, jy is ook een van hulle, want ook jou spraak maak jou bekend.
Spreuke waarsku teen ondeurdagte woorde. Wanneer mens skinder, afkraak en veroordeel is daar gevolge. Die grootste gevaar is dat jyself met jou eie maatstaf gemeet sal word . As dit hard, wetties, hoogmoedig, en eensydig, genadeloos, ens was, sal jy met dieselfde maat geoordeel word. So verstrik die mens homself met sy eie woorde.
SPREUKE 12:13-14, 17-19, 22 AFR53
[13] In die oortreding van die lippe lê daar ‘n gevaarlike strik; maar die regverdige ontkom aan die benoudheid.
Wanneer jy woorde gebruik om te salf, onderrig, terregwys, opbou, te leer ens, sal die Here jou beloon want jy kan dalk ‘n persoon red. Dit sien ons in vers 14;
[14] Uit die vrug van iemand se mond word hy versadig met die goeie, en die daad van ‘n mens se hande kom op hom terug.
Dikwels kom ‘n mens in ‘n situasie waar daar baie druk is om die waarheid te verdraai. Dit is dan waar karakter sterkte vorentoe moet tree om ‘n geregtigheid te laat geskied. Volgens vers [22] verkry jy God se behae daardeur.
[17] Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar ‘n valse getuie bedrog.
Dit is nie nodig om kommetaar te lewer op die volgende volgende verse nie, dit spreek vir hulself:
[18] Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing.
[19] ‘n Betroubare lip bestaan vir altyd, maar ‘n valse tong vir ‘n oomblik.
[22] Valse lippe is vir die Here ‘n gruwel, maar Hy het ‘n welbehae in die wat getrou handel.
Is al hierdie dinge maklik ,NEE se die Woord nie:
JAKOBUS 1:26 AFR53
[26] As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.
Genade en Vrede vir jou.
David