Goeiedag
Tema: Waardig
Daar bestaan ‘n miskonsepsie dat iemand met ‘n groot mond ( figuurlik) ‘n sterk persoonlikheid het. Soms word so persoon se oormaat selfvertroue gesien as goeie leierskap. Salomo se siening van die saak is:
SPREUKE 12:23 AFR53
[23] ‘n Skrander mens verberg sy kennis, maar die hart van die dwase roep hulle sotheid uit.
Dit gaan nie oor wat ‘n persoon van homself dink nie, maar oor dit wat die Here van ‘n mens weet wat saak maak.
Persoonlik hou ek van die trappe van vergelyking van ‘n mens se selfbeeld; beskeie, waardig hoogmoedig. Waardig is ‘n gebalanseerde en gesonde houding. As jy daar is, maak ander se opinie van jou nie werklik saak nie, want jou eie waarde is gebou op nugter belewenis. As jy te min dink van jouself is daar nie selfliefde nie wat gewoonlik spriut uit trauma en ander emosionele skade.
Paulus was n waardige man. Sy getuie oor homself is tevinde in : 2 Kor 12.
II KORINTHIËRS 12:6 AFR53
[6] Want as ek sou wil roem, sou ek nie ‘n dwaas wees nie, want ek sou die waarheid praat; maar ek laat dit ná, sodat niemand my hoër mag skat as wat hy van my sien of wat hy van my hoor nie.
Paulus was een van die hoogs geleerde mense in sy tyd en een van die gerekende mense van sy tyd. Tog ag hy honself nie hoog nie maar minag homself ook nie. Hy was ‘n waardige man, maar nie na waarde gereken in sy tyd nie. Tog het hy ongeveerd 13 van die 26 boeke van die Nuwe Testament geskryf. Mens kan maar van hom leer oor waardigheid. Vandag is Paulus ‘n ster vir Christene maar daar was maar een Paulus en nie een van ons kan soos hy wees nie. Die punt is, vind jou eie gawes en lewensdoel en moenie met ander vergelyk nie. Let op die volgende waarskuwing:
I SAMUEL 2:3 AFR53
[3] Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want die Here is ‘n God van diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef.
Die Woord gee voorskriftr vir ‘n waardige lewenswandel wat God se begeerte is vir elke mens. Gryp dit aan met beide hande.
Genade en Vrede vir jou.
David