Goeiedag
Invloede
Groepsdruk, invloede, cool, wat mens dit ook al noem, die geselskap en omgewing waarin jy jou bevind beinvloed elke mens. Dit is soos om langs ‘n vuur te staan, jy kry die hitte die rook en die reuk wat aan jou kleef. Dit is dus, baie sinvol om jouself te omring met mense wat’ n positiewe invloed in jou lewe gee. Elke mens besluit self oor sy eind bestemming. Om by die regte eindbestemming uit te kom vereis dikwels koers aanpassings. Wanneer daar teespoed kom, moenie stop nie beweeg om die hindernis. Sulke teleurstelling bring dikwels kommer en twyfel. Dit is sulke tye waar ware vriende jou sal opbeur en bemoedig. So half onder jou inklim en jou en jou las help dra. Daar staan geskrywe:
Spreuke 12:25-26 AFR20
[25] Kommer in die hart van ‘n mens maak die hart neerslagtig, maar ‘n vriendelike woord beur dit op.
Tydens moeilike tye gaan jy net ondersteuning kry van hul wat werklik omgee, ander vermy jou uit vrees dat jy ‘n las vir hul gaan wees. Dit is daarom dat die Woord skryf:
[26] ‘n Regverdige soek sy vriende uit, maar die pad van goddeloses lei hulle op ‘n dwaalspoor.
Daar is n groot verantwoordelikheid op elke mens om hul self met die regte mense te omring. As dit ‘n maklike saak was sou die wereld anders gelyk het. Dit vra van elkeen om krities na mense te kyk. Evalueer ander op grond van die kort en lang termyn vrugte wat hul dra. Paulus kon sê:
I KORINTHIËRS 11:1 AFR53
[1] WEES my navolgers, soos ek dit ook van Christus is.
Filippense 3:17 AFR20
[17] Broers, volg dan my voorbeeld, en let op hulle wat so leef volgens die voorbeeld wat ons aan julle gestel het,
Lees gerus die hoofstuk. Dit is nie verkeerd om die regte mens na te volg nie, inteendeel dit is raadsaam. Dikwels is die voorbeelde buite jou direkte omgewing. Om te illustreer; die Woord is vol lewens verhale van suksesvolle mense waarvan die positiewe en negatiewe beskryf is. Daar is ook mense in die moderne samelewing wat as voorbeelde kan dien. Leer van ander, niemand is alwetend nie.
Genade en Vrede vir jou.
David