Goeiedag.
Tema: Wat praat jy 2
Spreuke deel nog verdere wysheid uit oor die gebruik van die tong. Seker omdat die tong so ‘n magtige wapen is, wat tot die mens se beskiking is. Dit kan vir alle dinge gebruik word; seën, vervloeking, verleiding, misleiding, doodspraak, vertroosting, bemoediging, skinder, verkondiging van die evangelie, profesie, ens. Beide die positiewe en die negatiewe. Die tong verraai wat in die mens se hart is.
Hoe dikwels vind ons nie dat mense onophoudelik praat oor hul gesondheid. Dit kan wees omdat diesulkes vasgevang is in vrees en bekommernis. Daarom maal die gedagtes gedurigdeur rondom die siekte. Ander praat oor geld, ander oor sport, ander oor skemas om geld te maak, ander oor hul kinders. Sulke gesprekke is nie noodwendig negatief nie en daar is redes vir dit. Dit kan wees om in te lig, om trots te deel, om te beplan, om inligting te verkry ,ens. Gesprekke bied die geleentheid vir ‘n wakker persoon om binne ‘n ander mens se hart in te kyk. As jy werklik luister sal jy ‘n deur vind na die persoon se diepste begeertes en geheime. Sielkundiges gebruik die tegniek om mense te help. Wanneer ‘n persoon se lewe uitsorteer bring sy woorde goeie vrug. As daar bitterheid is soek ‘n mens wraak. Kyk hoe stel Salomo dit:
SPREUKE 13:2-3, 5, 10 AFR53
[2] Van die vrug van iemand se mond eet hy die goeie, maar die begeerte van die ontroues is ‘n daad van geweld.
Jesus stel dit duidelik dat elke mens tot verantwoording geroep sal word oor wat hy sê:
MATTHÉÜS 5:22 AFR53
[22] Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.
Pasop wat jy van andr sê, dit sluit asn by :
SPREUKE 13: 5, 10 AFR53
[3] Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.
Die volgende Skrifte spreek vir hulself en is deel van van elkeen se lewens ondervinding:
[5] Die regverdige haat leuentaal, maar die goddelose maak gehaat en handel skandelik.
[10] Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid.
Al die verse is toegepaste kennis om mens te bewaar van verkeerde praatjies. Is die wysheid deel van jouself?
Genade en Vrede vir jou.
David