Goeiedag.
Tema: Resonansie
Om deel van ‘n familie te wees is ‘n besondere voorreg, ongeag die gebreke daarin. Daar is min perfekte families, maar waar liefde is, is dit vervullend. Dit is ‘n voorreg om te behoort, en dit is nie van selfsprekend nie. Die waarde daarvan is meer kosbaar as goud. Dit is seker hoekom die Here ‘n sagte plek vir die weduwees, wese en verworpenes het. Dwarsdeur SPREUKE vind ons die term: ” my seun ” . Dit geld ook vir dogters, wat wys op diepste liefde van God vir Sy kinders.
SPREUKE 1:8 AFR53
[8] My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;
Die Vader praat met sy eie seun en die moeder van die seun, ‘n duidelike uitdrukking van liefde en eie wees.
God die Vader, gee SPREUKE vir Sy kinders om hul te lei op ‘n pad van sukses in die lewe, en in verhouding met Hom. SY kinders is familie vir Hom. Vir ‘n goeie verhouding tussen mense moet daar resonasie tussen hul wees. Om resonasie te veduidelik; dit is as energie van een voorwerp oorgedra word na nader voorwerp omdat hul dieselfde basiese frekwensie het. ‘n Voorbeeld hiervan is harde musiek wat ruite laat vibreer.
God se waardes en heiligheid moet in die mens resoneer. Ons moet word geheilig word na Sy beeld. Daar staan geskrywe:
ROMEINE 8:14, 16 AFR53
[14] Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
[16] Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;
SY Gees resoneer met ons gees en versterk ons self en ons getuienis. Ware Gees vervulde kinders van die Here ken en erken die Gees van God. Die Gees van God in ons maak dit vir ons moontlik om te onderskei of iets van God kom of uit die mens. Menslike gedagtes is soms goed maar die Gees openbaar en breek die Woord vir die mens oop.
EFÉSIËRS 1:17-18 AFR53
[17] dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, [18] verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;
Genade en Vrede vir jou.
David