Goeiedag
Tema: Erfgoed
Die spreukwoord in Afrikaans: ” Erfgoed is swerfgoed” word daagliks rondom mens gesien in verskillende vorme. Die oorsprong van die gesegde kom waarskynlik uit die Woord:
Spreuke 13:11 AFR20
[11] Besittings wat moeiteloos verkry word, sal verminder, maar wie met die hand bymekaarmaak, vermeerder dit.
Die menslike natuur, om dit wat maklik verkry word te verspil word illustreer in die verhaal van die verlore seun ( LUKAS 15). Die tragedie is dat hierdie verskynsel is nie net tot geld beperk is nie maar tot ander spekte van die lewe. Opvoeding, gesinsbande, geestelik, kultureel , gesondheid en baie ander aspekte van die lewe. Dikwels word die waarde van iets eers besef as dit nie meer tot jou beskiking is nie, met ander woorde as dit vermors is. Dit is belangrik om te weet waarvandaan jy kom, as mens en geestelik en emosioneel.
Die geskiedenis skep identiteit en vertroue en rigting vir ‘n pad vorentoe. Die Woord is ‘n geskiedenis boek van mense en hul pad met God. As mens dit ken bring dit ‘n rykdom van insig en begrip van die lewe. Byvoorbeeld dink baie dat om godsdienstig groot te word slegs voordelig is, todat hul Paulus se verhaal lees. Wat ‘n ontnugtering moes hy nie ondergaan om werklik van sy godsdiens van dood verlos te word nie. Hy moes die kaf van die koring skei uit sy verlede. Min mense besit die vermoë of kry die genade om dit reg te kry. Dit is makliker om met die stroom van die wêreld saam te spoel. Die Woord maak ‘n skokende stelling:
LUKAS 13:24 AFR53
[24] Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.
Die Woord word oral in die wêreld verkondig. Dit is kosbare saad tot die ewige lewe wat verniet verkry, geêrf word. Hoeveel heg werklik waarde daaraan en is tevrede met ‘n gemaklike lewe, terwyl daar nie geluister word na die verskuilde boodskap daarin nie. Mag elkeen beangs word oor die waarheid van sy geloof.
Genade en Vrede vir jou.
David