Goeiedag.
Tema: Teleurstelling
Teleurstelling is een van die moeilikste emosies om te verwerk. Wanneer ‘n mens jou beste gegee en al jou kragte gegee het om iets te bereik en dit faal, kan die gevolge baie negatief wees.
SPREUKE gebruik die term; jou hart is siek:
Spreuke 13:12 AFR20
[12] Onvervulde hoop maak die hart siek, maar ‘n vervulde wens is ‘n boom van lewe.
Vir baie begin die werklikheid en uitdagings van die lewe eers as hul skool verlaat. Ander kom emosioneel geskaad uit hul skool loopbaan omdat hul gedryf was om te presteer en die beste te wees. Emosioneel en fisies uitgebrand sukkel hul vir jare om hul voete te vind en om weer na hul potensiaal te lewe. Sommige raak verlore en herstel nooit.
Selfs as hul oud is, is daar nog ‘n soeke na erkenning van hul van mens wees. Sulke mense word gekenmerk daarin dat hul altyd probeer om ander te plesier en sê moeilik nee. Ander het ‘n gebrekkige selfbeeld en sukkel met depressie in verskeie vorme.
Maar daar is hoop vir almal al glo jy dit nie nou nie. Net soos emosionele skade oor jare kom, is daar lang proses van herstel wat verstaan moet word. Die héstel is tydsaam want dit is diep emosionele wonde wat herstel moet word en ‘n nuwe gedrag wat aangeleer moet word.
Hierdie herstel pad is net moontlik deur die Herder Christus Jesus te volg. Hy lei sy skape langs groen weivelde en waters waar rus is (PS 23). Om ‘n skaap van sy weide te wees moet jy Sy stem leer ken, dit neem tyd. Wanneer jy SY stem ken is die eerste ding wat jy hoor Sy liefde vir jou. Die diepte van Sy liefde is meer as wat enige mens jou kan bied. Dit is meer as ouer liefde, meer as romantiese liefde, en dit herstel ‘n mens se siel. Dit bring ‘n hoop wat ‘n boom van lewe is, dit vervul die hoop. ‘n Hoop nie net vir hier nie, maar primêr vir die ewige lewe.
I KORINTHIËRS 15:19 AFR53
[19] As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.
Die enigste manier om van die teleurstelling van hierdie lewe te herstel, is deur Christus te volg. Al is jou lewe nie vol teleurstellings nie, in Christus wag ‘n volmaakte lewe, vir altyd.
Genade en Vrede vir jou.
David