Goeiedag
Tema: Ribbebeen
Solank die mens op aarde is sal die deug en skoonheid van ‘n goeie vrou voordurend besing word. SPREUKE prys ‘n goeie vrou op verskeie plekke.
SPREUKE 31:10 AFR53
[10] Alef. Wie sal ‘n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.
SPREUKE 19:14 AFR53
[14] Huis en goed is ‘n erfenis van die vaders, maar ‘n verstandige vrou is van die Here.
Die vrou het ‘n unieke rol om in ‘n gesin te vervul, ‘n onvervangbare en onmisbare taak. Eens op ‘n tyd was daar ‘n spreek; ” wat is ‘n huis sonder ‘n moeder ?”. Indien jy onder ‘n ware moeder opgegroei het sal jy die spreek verstaan. Gelowige vroue het ‘n spesiale plek in God se hart.
Lees net Petrus se insig en opdrag:
I PETRUS 3:7 AFR53
[7] Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is — sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.
‘n Man wat nie volgens God se voorskrifte sy vrou behandel nie, se gebede word verhinder. Dit kan beteken God hoor jou maar sal jou nie verhoor of sëen voordat jy jou vrou op die regte manier ag nie. Dit sluit spraak, versorging, luister, koester en derglike in.
Die Here hou die man verantwoordelik vir sy huis, orde, besluite, disipline, sagtheid, gesins liefde , godsdiens, ens in. Die man sal geoordeel gaan word oor wat van sy gesin word en nie die vrou nie. Dit sien ons uit die feit dat Hy die vrou onderdanig aan die man gestel het. Lees EFESIËRS 5 vir die konteks daarvan.
SPREKE 14: [1] Die wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.
As ‘n vrou wys is sal sy haar gesin en huwelik bou en versorg. Daar is voorbeelde in die Woord waar vroue die sotheid van hul mans neutraliseer het (1 SAMUEL 25:25 AFR53) ‘n Wyse vrou probeer nie haar man oordonder nie, want sy verstaan haar spesiale rol wat God haar gegee het in ‘n huwelik. Sy weet hoe om haar man te beskerm en eenheid in die gesin en huwelik te bewerkstellig. Dit kom nie vanself nie dit is die werk van bewerkstellig. Mag jul gesin en lewe getuig van ‘n wyse man en vrou aan die buitestaanders.
Genade en Verde vir jou.
David