Goeiedag.
Tema: Simptome
Siektes word in die algemeen geidentifiseer met behulp van die simptome wat wys. So kan die waardestelsel of gebrek daaraan aan van mense se gedrag afgelei word. SPREUKE som dit op met ‘n direkte nugter uitspraak sonder verskoning:
Proverbs 14:2 NIV
[2] Whoever fears the Lord walks uprightly, but those who despise him are devious in their ways.
Die vrugte van ‘n mens se lewe is die simptome van hul oortuigings. As die mens God vrees sal sy dade en houding daarvan getuig volgens die Woord. Nie dat hierdie iets nuuts is nie, maar die mens het so gewoond geraak aan die goddelose gedrag van mense, dat hierdie fundamentele waarheid nie meer in hul bewussyn is nie. Die maatstaf waarmee mense gemeet word as gered of nie, is hul aangenaamheid en sosiale vaardigheid. As dit goed is, word mense gereken as goeie mense. Baie goeie en voorbeeldige mense glo glad nie in God nie. Hoeveel te meer weet hul soms nie eers van die Evangelie van Jesus Christus nie.
Weergebore kinders van God het ‘n element van radikale denke in hul wese. Hul glo in een God, ‘n unieke weg na Hom deur Jesus Christus, en die Heilige Gees van God wat Hom op die aarde verteenwoordig. Daar is geen plek vir ander alternatiwe denke om die ewige lewe te beërwe nie. As n mens nie in hierdie God glo nie, sal jy die ewigheid in die hel deurbring want dan is die duiwel jou vader. Hoe aanmatigend, veroordelend en onsensitief dit ook al is, dit is wat die Woord ons leer. Dit is oor hierdie standpunt wat ware gelowiges deur die wereld gehaat word. Jesus se leer was hard:
JOHANNES 6:60 AFR53
[60] EN baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?
JOHANNES 6:66-67 AFR53
[66] Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie. [67] Toe sê Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie?
Hou vas aan die radikale lering van Jesus, laat jou lewe die simptome daarvan wys.
Genade en Vrede vir jou.
David