Goeiedag.
Tema: Heilige Leeglêers:
Wanneer ‘n mens alleen werk is jy baie oneffektief. Deur van hulp gebruik te maak kan die werk baie vinniger gedoen word op ‘n beter manier. Spreek woordelik; die een hand was die ander dan kom beide skoon. Dit is die beginsel van krag vermenigvuldiging. Uit die Woord:
SPREUKE 14:4 AFR53
[4] Waar geen beeste is nie, is die krip leeg, maar deur die krag van die os is die inkomste baie.
Wanneer ‘n mens bereid is om ander te versorg en in diens te neem ( krip vol hou), kan hul vir jou ‘n groot bate wees. Sommige mense is te suinig om ‘n ander te betaal om werk vir hul te doen en probeer alles self doen. Dit is kortsigtig want as jy jou sëen deel is dit om saad te saai en vermenigvuldig te oes. Jesus het nie gekom om mense te red terwille van hulself nie. Hy red mense tot diens in die koninkryk. Die Woord openbaar die geheim tot ‘n godsvrugtige lewe:
MATTHÉÜS 6:33 AFR53
[33] Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Dit kan verstaan word as, omdat alles aan die Here behoort, ook jy en alles waaroor jy sê het syne is, moet jy met alles in jou, Sy belang soek en dien. Dit gaan defnitief nie oor jouself nie. God red die mens en heilig hom sodat hy ‘n beter dienskneg kan wees. Jesus het gekom in die vorm van ‘n dienskneg, dit is diè roeping vir elke gelowige. Jou lewe en dade moet die koningryk van God bevorder. Daar waar jy is moet jou dag gerig wees om Sy koninkryk te verkondig. As jy op skool is wees ‘n leerder tot Sy eer, werk hard en wees ‘n seën vir almal om jou. Waar jy werk, wees die beste werker vir Hom, sodat jou werk kan getuig van Hom. As jy by die huis is laat jou lewe getuig van diens aan Hom. Daar is heeltyd ‘n geleentheid om jou lig te laat skyn. As jy alleen is kan jy steeds ‘n bydra tot die koninkryk maak deur gebed en vasting. ‘n Verbale getuienis hoef net een keer gedeel te word met ander rondom jou, dan sal jy dopgehou word om te sien of daar vrug is van bekering. Chritus het niemand geroep om ‘n Heilige leeglêer te wees nie. Verkondig jy die evangelie deur ‘n vrugbare lewe en ‘n bron van hoop, is jy ‘n force multiplier?
Genade en Vrede vir jou.
David