Goeiedag.
Tema: Spotter
Wanneer daar na ‘n spotter verwys moet dit verstaan word na aanleiding van die definisie volgens die Woord .
SPREUKE 21:24 AFR53
[24] ‘n Vermetele, ‘n trotsaard word ‘n spotter genoem, een wat in oormaat van vermetelheid handel.
Die Woord gee verskeie riglyne oor wat ‘n mens se optrede teenoor spotters moet wees. Verder gee dit ook insig in die lewesverloop van spotters. Uit hierdie verwysings is dit duidelik dat dit beter is om sulke mense te vermy en aan hul lot oor te laat. Hul is totaal doof vir enige insette van buite.
Proverbs 14:6-8 GW
[6] A mocker searches for wisdom without finding it, but knowledge comes easily to a person who has understanding.
JEREMIA 29:11 AFR53 word graag aangehaal:
[11] Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, …..
Maar min mense lees die res van die gedeelte waarin die ongeluk Israel tref omdat hul nie na God luister nie. Koppigheid het hul vernietig net soos spotter se vermetelheid om nie te luister hul vernietig. Daarom sê die Woord bly weg van hul want jy gaan net deur hul verlei word.
[7] Stay away from a fool, because you will not receive knowledge from his lips.
[8] The wisdom of a sensible person guides his way of life, but the stupidity of fools misleads them.
Verder is dit duidelik dat ‘n Spotter is so eiewys dat hul nooit raad vra nie. Hul is vol eie opinies en lief om te argumenteer en raak opgewerk as daar van hul verskil word. Jy word sy vyand omdat jy van hom verskil.
Spreuke 15:12 AFR20
[12] ‘n Spotter hou nie daarvan as iemand hom teregwys nie; na wyses sal hy nie gaan nie.
SPREUKE 9:8 AFR53
[8] Bestraf ‘n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf ‘n wyse, en hy sal jou liefhê.
Die raad wat die Woord gee is om hul te vermy, te ignoreer en as jy kan uit te sluit uit jou vriende kring sodat daar vrede kan wees.
SPREUKE 22:10 AFR53
[10] Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op.
Elke mens word blootgestel aan spotters daarom is die Woord se wysheid nodig om hul te kan hanteer. Sterkte daarmee.
Genade en Vrede vir jou.
David