Goeiedag.
Tema: Skuldoffers
In die Joodse geloof gebruike wat Moses gebring het vind ons verskeie tipes offers, waaronder die skuldoffer. Hierdie offers is herhaaldelik herhaal dwarsdeur ‘n persoon se lewe. Mans was verplig on ten minste driemaal per jaar voor God te verskyn, maw om offers te bring. Ook in die Nuwe Testament leer Jesus Sy kerk om voordurend vir skuldbelydenis te vra.
Mat 6 : gee ons ons daaglikse brood en vergeef ons ons skulde soos ons skuldenaars vergewe….
In SPREUKE vind ons die volgende stelling:
SPREUKE 14:9 AFR53
[9] Die skuldoffer spot met die dwase, maar tussen die opregtes is daar welwillendheid.
Proverbs 14:9 NIV
[9] Fools mock at making amends for sin, but goodwill is found among the upright.
Die vertalings omskryf die stelling verskillend, maar die sentrale idee bly dieselfde, naamlik dat sonde belydenis deel van die mens se aanbiddings roetine moet wees. Dit gooi die siening omvêr, dat ‘n mens maar kan bly sondig want Christus het die prys betaal. Die hele Evangelie se fondament is bekeer jou van dooie werke (sonde) en lei ‘n nuwe lewe van gehoorsaamheid aan die Wet van God. As jy dit nie glo nie, tel jy as ‘n dwaas volgens die Woord.
Die wat die pad van heiligmaking stap, ‘n pad van selverlooning en diensbaarheid, weet hoe moeilike pad dit is. Daarom die tweede gedeelte van die vers. Daar is welwillendheid, goodwill, tussen gelowiges omdat hul self die stryd stry en besef dat om nie te sondig nie, baie moeilik is. Daarom verdra hul mekaar se foute en verdoem nie ‘n ander maar bid eerder vir ‘n ander as hul foute sien. Die natuurlike mens vind die strewe na ‘n heilige lewe belaglik en so ook sonde belydenis in welke vorm ook. Meestal is hul trots op hul sondige lewe en beskou dit as ‘n prestasie. Versoekings is deel van menswees, dit kom uit jou natuur van drange en drifte. Om versoek te word is nie sonde nie, maar dit moet wys hanteer word. Die Woord sê :
II TIMÓTHEÜS 2:22 AFR53
[22] Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep.
Last ons volhou om onself te kruisig deur sondebelydenis voor Christus.
Genade en Vrede vir jou.
David