Goeiedag.
Tema: Verborge Verdriet
Die Woord het nie ‘n baie positiewe beeld van die mens se lewe op aarde nie.
PSALMS 90:10 AFR53
[10] Die dae van ons jare — daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.
Wanneer jy ouer is dring hierdie werklikheid al meer tot jou deur namate jy die hartseer en vreugdes van die lewe ervaar. Siektes, werksdruk, benoudheid, verlies van geliefdes, ens. wat alle gebeure is wat letsels in ‘n mens se gemoed maak. Maar gelukkig is daar ook blydskap in die lewe wat die moeite uit balanseer en die moeite werd maak
SPREUKE 14:10 AFR53
[10] Die hart ken sy eie verdriet, en in sy blydskap kan ‘n ander hom nie meng nie.
Wanneer n mens nie die vreugde in die lewe kan ontdek nie is die lewe alles te vergeefs.
PREDIKER 1:2 AFR53
[2] Alles tevergeefs, sê die Prediker, alles tevergeefs, dit is alles tevergeefs!
[3] Watter voordeel het die mens van al sy moeite waarmee hy hom vermoei onder die son?
Elke mens moet self die sin en rede vir die lewe ontdek om ‘n kompas daarvoor te besit. ROMEINE 8 gee ‘n treffende beskrywing van die siening, van hulle wat ware vreugde in die lewe gevind het
ROMEINE 8:18 AFR53
[18] WANT ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
Daar is nie ‘n ontkenning van swaarkry en verlies nie. Maar dit word weglaatbaar in die lig van ‘n ewige verwagting van vreugde en heerlikheid.
Daar is tye wat elke gelowige moet gaan sit en voorraad opname moet maak van sy eie lewe. Om verdriet te vergelyk met die vreugdes en verwagtinge in sy eie lewe. Soms is ons in ‘n put van lewens omstandighede wat dit bitter maak. Omstandighede wat net deur die Here verander kan word, maar hou moed, Hy verlaat jou nooit nie. Dit is in sulke tye wat ‘n mens moet vergewe die wat jou benadeel het en ook die lewe, want dit bring genesing en herstel. Dit is die enigste manier om met verborge verdriet te deel. Mag jou vreugde oorvloedig wees.
Genade en Vrede vir jou.
David