Goeiedag.
Tema: Selfoon
Wanneer mens ‘n selfoon gebruik aanvaar jy sekere beperkinge en riglyne. Logiese optrede soos, dit mag nie in ‘n wasmasjien kom nie, dit moenie val nie, hanteer versigtig, jy betaal vir lugtyd, ens. Vir die mens wat baie meer broos is as ‘n selfoon het sy vervaardiger, Skepper, ook logiese riglyne gestel waarin die mens moet bly. Wanneer jy binne hierdie riglyne bly is daar voorspoed, buite die riglyne is teëspoed. SPREUKE maak die stelling hieroor:
SPREUKE 14:11 AFR53
[11] Die huis van die goddelose word verdelg, maar die tent van die opregtes bly
Diegene wat buite die riglyne of wette van God leef, is goddeloos omdat hul nie God vrees en gehoorsaam nie. Hulle en alles wat hul he,t word verdelg deur die werke van hul eie hande. Dit word beskryf in:
GALÁSIËRS 5:19 AFR53
[19] En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;…….
Alles werke wat die mens en hul omgewing vernietig, met tragiese gevolge.
Loodreg hierteen is die werke van die gees wat die vrug is van geloofsgehoorsaamheid aan die Wet van God:
GALÁSIËRS 5:22-23 AFR53
[22] Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. [23] Teen sulke dinge is die wet nie.
Is hierdie laaste verse nie die beskrywing van liefde en verhouding waarna elke mens smag nie. Daar is meer, baie meer, as die mens God vrees en dien is daar oorvloedige seën en beloftes in die lewe.
Kyk net na een gedeelte:
PSALMS 91:9-16 AFR53
[9] Want U, Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. [10] Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie; [11] want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. [12] Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie. [13] Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap. [14] Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken. [15] Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee. [16] Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.
Daar is soveel om te sê hieroor, maar die plek ontbreek, jammer.
Genade en Vrede vir jou.
David