Goeiedag.
Tema: Kompas
As stap in die natuur ‘n’ liefde van jou is het jy al seker ‘n keer of wat die twyfelagtige voorreg en angs beleef van verdwaal. In die moderne tyd van selfoon kaarte is dit baie makliker om nie te verdwaal nie. Baie jare terug het ons nog ‘n kompas en kaarte gebruik met bakens om jou pad te vind. Die punt is, daar is ‘n hulpmiddel nodig om rigting te behou, ‘n selfoon met sein het, of ‘n kompas en ‘n kaart. Dieselfde beginsel geld in ons geestelike lewe:
SPREUKE 14:12, 14 AFR53
[12] Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
Hierdie stelling word onderstreep deur talle voorbeelde waar mense van kranse afgeval het terwyl hul stap. Maar meer tragies van mense wat sterf sonder dat hul Christus gevolg het. Beide tragiese gebeurtenisse met die laaste erger as die eerste. Wanneer ‘n mens te seker is van jou rigting is die gevaar op sy grootste. Dan is jy blind vir die subtiele seine wat jou omgewing vir jou gee. Ek wil herhaal, hou jou oë oop vir wat rondom jou gebeur, beste beskryf deurdie Engelse uitdrukking; situational awareness.
Daar is maar een handboek vir die lewe naamlik die Bybel. Dit kan egter nie onafhanklik met begrip gelees word nie. Dit moet vertaal word omdat dit die Woord van God is. Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie:
JESAJA 55:9 AFR53
[9] Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.
Daarom stuur Hy Heilige Gees om ons te leer en te lei in alle waarheid. Dikwels deur mense soos die geval in die hofdienaar van Etihopie in HAND 8.
Die mens se kompas moet voordurend gekalibreer word met die Woord deur die Gees. As jy nie die Woord daagliks self lees en self na die Heilige Gees luister nie gaan jou kompas verkeerd wees. Hierdie vereis dissipline en toewyding, moeilike vereistes. Dit is makliker om na ander se opinies te luister as om self God se stem te hoor, maar dit is nodig om self te hoor. Is hierdie nuwe nuus? Nee maar laat ons mekaar gedurigdeur herriner tot gehoorsaamheid.
Gebade en Vrede vir jou.
David