Goeiedag.
Tema: Armoede
Ek haal graag die volgende artikel aan want die brei uit op die Woord verwysing wat volg:
The saddest thing in the world is not poverty; it’s loss of dignity
byJohn Freund, CM|Feb 1, 2015|Poverty: Analysis and Responses
SPREUKE 14:20-21 AFR53
[20] Die arme word selfs deur sy naaste gehaat, maar die vriende van die ryke is talryk. [21] Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig.
Dikwels word armoede assosieer met gebrek aan opvoeding, dom, skelm,vuil en derglike negatiewe dinge. Hierdie assosiasie is egter nie waar nie, alhoewel dit ‘n gevolg van armoede en wanhoop kan wees. As ‘n mens werklik wanhopig is sal hy enige iets doen vir oorleweing. Dit is dan dat ‘n mens se waardigheid vernietig kan word, ‘n tragedie. Armoede kan dit regkry om ‘n mens se wil te breek.
Wanneer hoop eindig, breek jou wil ook. Omdat mens die gevolge van armoede kan sien en dalk al beleef het, vrees mense armoede. Armoede plaas die mens in ‘n uiters kwesbare posisie. Dit is amper ‘n onbegone taak om jou waardigheid te behou as jy moet veg om liggaam en siel aanmekaar te hou. Wanneer jy honger is en jou klere is verslyt en stukkend is dit moeilik om hoop te behou, veral as jy die minagting van ander beleef. Wanneer ‘n mens sy menswaardigheid in ander se oë verloor het, word jy deur hul net beskou as ‘n waardelose voorwerp. Dit is dan wanneer gruwels soos volksmoorde, verkragting, menshandel ens gebeur.
Christus se Evangelie se hoofsaak gaan oor geregtigheid en liefde. God ag die mens so hoog dat HY SY seun gegee het om die mensdom te red, elkeen individueel. Nie naamlose voorwerpe nie. Armoede kom dikwels onverdiend, droogtes, werkloosheid, siekte, oorlog, swak regeerders, sosiale probleme, ens trek mense af na armoede. Net die Here se seën kan so ‘n verval breek. Die Woord gee die opdrag: bid vir die regering, bid vir vrede, bid vir geregtigheid, bid vir jou daaglikse brood, bid vir bewaring teen die bose. Dit is net die Here wat kan seën en voorspoed bring, die Engele sing dit in LUKAS 2:13-14.
Mag dit elkeen van ons bede en werke sodanig wees dat SY koninkryk hier sal seevier en geregtigheid kom.
Genade en Vrede vir jou.
David
[