Goeiedag.
Tema: Luiaard
Daar is ‘n pragtige uitdrukking in Afikaans ; Bou lugkastele en verf hulle. Dit betekenis is om onrealistiese dagdrome te droom wat vêr verwyder is van die werklikheid. Om iets te bereik vereis werk, punt. SPREUKE draai geen doekies om nie en sny dit sommer tot die been oop:
SPREUKE 14:23-24 AFR53
[23] In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek. [24] Die kroon van die wyse is hulle rykdom, die sotheid van die dwase bly sotheid.
Niks kom verniet nie, daar is ‘n prys om te betaal vir elke voorreg. Selfs Adam en Eva in die paradys van alle plekke het ‘n taak en opdrag gehad om uit te voer binne sekere riglyne. Toe hulle ongehoorsaam word, (van n boom eet), het hul werk nie opgehou nie maar net hulself baie moeite op die hals gehaal. Hul wat traag is om te werk maak vir hulself en ander rondom hul baie moeite. Die Woord spaar nie afkeur in ‘n luiaard nie:
SPREUKE 24:33-34 AFR53
[33] Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie hande-vou om uit te rus; [34] dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos ‘n gewapende man.
SPREUKE 26:14, 16 AFR53
[14] ‘n Deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed.
[16] Die luiaard is wyser in sy eie oë as sewe wat verstandig antwoord.
‘n Flukse persoon werk nie noodwendig vir geld nie. Daarvan getuig te veel om te noem, diens organisasies wat bestaan uit vrywilligers. Polisie reserviste, noodhulp beamptes, sport afrigters ens. Ander doen stok perdjies en deel hul kennis. Almal mense wat ‘n vol lewe lei wat nie net om hulself draai nie, die ruggraat van die samelewing. Hierdie mense dra almal ‘n kroon van diensbaarheid en gaan deur die Here beloon word.
II KORINTHIËRS 5:10 AFR53
[10] Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.
Hier gaan die Woord nie oor sonde nie, want dit word vergewe, dit gaan wat jy doen. Laat elkeen dan nuttig wees tot opbou van die koninkryk dit bring n kroon .
Genade wn Vrede vir jou.
David