Goeiedag.
Tema: Heil voorspellings
In die. Woord is baie Skrifte wat die vrees van die Here beskryf so byvoorbeeld:
SPREUKE 9:10 AFR53
[10] Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here, en kennis van die Heilige is verstand.
Die volgende twee Skrifte beskryf direkte voordele daarvan om die Here te vrees:
SPREUKE 14:26-27 AFR53
[26] In die vrees van die Here lĂȘ ‘n sterk sekerheid, ook vir die kinders van ‘n sodanige sal daar ‘n toevlug wees. [27] Die vrees van die Here is ‘n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.
Deel van die prag van die Woord is die manier waarop dit selfverduidelikend is. So byvoorbeeld word die stelling in vers [26] deur verskeie voorbeelde uit die Bybelse geskiedenis opskrywings illustreer. Die eerste wat in die gedagte opkom is die verhaal van Jakob wat Esau tegemoet gegaan het. Hy het geweet Esau haat hom oor die diefstal van sy eersgeboorte reg met ‘n slenterslag en dat Esau wraak wil neem. Daarom het Jakob met God geworstel om bewaring teen Esau se wraak te kry. ‘n Tweede voorbeeld is Dawid wat voor Saul vlug en nie self sy hand oplig nie maar op God vertrou vir verlossing. Daar is nog verskeie voorbeelde.
Vers [27] word ook dwarsdeur die OT illustreer deur die geskiedenis van die volk Israel. Solank hul binne die riglyne van die wet gebly het was voorspoed hul deel. Sodra hul daarvan afgewyk het was ongeluk en teespoed hul lot.
Wanneer ‘n gelowige die Woord lees en daar onsekerheid is oor die betekenis, kan daar maar net in die voorbeelde van die OT gesoek word vir die praktiese voorbeeld wat die beginsel illustreer. Elke belofte in die Woord is al reeds vooraf daarin illustreer . ‘n Paar voorbeelde ter illustrasie:
Kruisiging uit verhaal van die slang op die paal wat verlos van giftige slang byte (NUMERI 21 : 8-9)
Die val van die mure van Jerigo onder lofprysing as voorbeeld van die Gees van God wat vestings neerwerp en oorwinning bring op ‘n gespreke woord ( MARKUS 5)
Die doop en die Rooisee, Abraham wat Jacob moes offer, ens.
Nou vir ‘n uitdaging; probeer die NT belofte identifiseer waarvan ISAK se twee huwelike binne ‘n week van mekaar af illustreer.
Genade en Vrede vir jou.
David