Goeiedag.
Impulsief
Daar is ‘n mooi Afrikaanse spreekwoord wat lei: ” n haasige hond verbrand sy mond” Ons sien hierdie ellende daagliks om ons uit ‘n verbruikers mentaliteit van onmiddelike bevrediging. Mense dompel hulself in skuld en die ellende daarvan omdat hul impulsief is en nie behoorlike beplaning doen nie. Hierdie verskynsel kom op alle vlakke en gebiede van die lewe voor. Finansieel, emosioneel, geestelik, fisies ens. Impulsiewe optrede bring selde sukses, maar meer dikwels skade. SPREUKE beskryf dit so akkuraat en omvattend, wat toepaslik is op alle omstandighede:
SPREUKE 14:29-30 AFR53
[29] Die lankmoedige is groot van verstand, maar die kortgebondene behaal sotheid. [30] ‘n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog ‘n verrotting vir die gebeente.
Enige nugter mens weet dit is nie goed om inkopies te doen as jy honger is nie want dan vermors jy jou geld op lekkernye. Netso weet almal dat onwyse besluite gemaak word wanneer jy onder druk is. Om nugter sinvolle besluite te maak vereis beplanning. Beplanning is om met feite voor jou te sit en dan met verskeie insette die beste besluit te maak. Dit werk soos ‘n persoonlike begroting, mens verdeel mos jou inkomste tussen jou verpligtinge en begeertes sodat jy die tyd tot daar weer inkomste is kan deurkom.
Hierdie beginsel is ook van uiterste belang vir mens se geestelike en emosionele welstand. Die emosionele welstand word in vers [30] aangespreek. Dit geld vir alle aspekte van fisiese en emosionele welstand. Hartstog is emosionele en geestelike kanker vir die mens wat beide die denke en gesondheid beinvloed. Kyk net ‘n slag nuus om te sien hoe rasse haat besig is om die wêreld te vernietig. Midde Ooste, Ukraine en Rusland, China , alles gebore uit harstog sodat selfs mense teen hul eie bloed familie oorlog voer.
Selfs op geeselike gebied is daar ‘n sektariese skeiding tussen Christelike kerke. Haat , veroordeling, onverdraagsaamheid, minagting teenoor almal wat van jou verskil. Mag elkeen bid om wysheid, wat die Here gee sonder verwyt (JAK 1: 5 ) sodat ons nie deel is van die sotheid nie. Het jy dalk impulsiewe vooroordele teen ander wat beplanning sal vat om af te lê?
Genade en Vrede vir jou.
David