Goeiedag.
Tema: Gelykheid
Die Here het net twee mense gemaak, Adam en Eva. Al die mense voor die Vloed en na die Vloed in Noag se tyd was hul direkte afstammelinge. Elke stam, nasie en kultuur spruit uit hul voort. Die bloedlyn was gedeeltelik gekorrupteer voor die vloed, maar die Here het dit reggestel deurmiddel van die vloed. Die duiwel het geen mense gemaak nie, net God kan lewe skep. Hy wat ‘n mens dus verag, verag ‘n maaksel van God. Daar staan geskrywe:
SPREUKE 14: 31-32 AFR53
[31] Wie die geringe verdruk, versmaad sy Maker, maar hy wat hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom.
Met ander woorde, as jy enige mens verag, ontken jy God as Maker van die mens. Boesmans, Aboriginies, Pigmee, Amerikaanse Indiane, Wit, Swart, Geel, alle mense is afstammelinge van Noag se gesin, dus oorspronklik van Adam en Eva. Wanneer jy dus ‘n weldaad aan enige mense bewys, erken jy die Goddelike oorsprong van die mens. Daardeur eer jy God. Baie vertalings gebruik die woord arme in plaas van geringe. Jy kan egter gering wees sonder om arm te wees.
JOHANNES 3: 16 ( So lief het God die wêreld gehad….) is van toepassing op alle mense. God se genade is vir alle mense, nie net vir sommige nie. Dus kan niemand die kleim maak dat hul vooraf uitverkies is om hemel toe te gaan nie. Dit druis teen die menslike sin van regverdigheid in, hoeveel te meer teen God wat in alles onaantasbaar regverdig is. Hulle wat deurJesus regverdig gemaak word, volg God . Hulle word kinders van God en het n toevlug by hul dood
SPREUKE 14: 32
[32] In sy ongeluk word die goddelose omgestoot, maar die regverdige vind ‘n toevlug by sy dood.
Hulle sonder Jesus, kom tot n val. Rerverdiges is die hande van God en bring Sy genade deur woord (Evangelie van krag) en deur daad. Jesus se op ‘n stadium tydens n lering in :
MATTHÉÜS 25:40 AFR53
[40]….. Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.
Dit is tragies dat ‘n mens geneig is om jouself te wil verhoog bo ander, veral wanneer die verskille duidelik sigbaar is.
Glo jy ook dalk dat sommige meer gelyk is as ander?
Genade en Vrede vir jou.
David