Goeiedag.
Paasfees het sy oorsprong tydens die uittog van die Jode uit Egipte. God stuur Moses as leier om met Farao te onderhandel, maar verhard Farao se hart sodat Hy Sy almag kan openbaar. Net soos die mense van Egipte, het die Joodse slawe die Here leer ken uit die plae wat Hy gestuur het. Hy was vir hulle ook Iemand wat hul nie geken het nie. Daarom toe Moses hul aansê om ‘n lam, kruie, brood te bere en regte maak om uit te trek, het hul geluister. Ook om die bloed aan die deurposte te smeer en binne te bly het hul ag gegee daarop. Vir hulle wat dit ligtelik opgeneem het was daar dieselfde lot wat die Egiptenare getref het. Vierduisend jaar later gaan dieselfde roepstem uit, berei voor want die Koning gaan kom. Die lam koning wat Sy bloed aan die deurposte van elke mens vereis om hul te red van die tragedie wat kom. Hy het Sy kinders duur gekoop uit ‘n sondige wêreld deur met Sy eie bloed te betaal en hul sondes gedra op die vloekhout van Golgota.
Soos in Egipte is dit weereens ‘n tyd van benoudheid vir die kinders van Israel. Hierdie benoudheid gaan net groter word tot op die bestemde tyd waar die Messias hul sal red. Die Messias, Jesus Christus, wat deur hul verwerp is. Die kerk van Christus ken Hom, en hoor Sy stem. Vir die kerk het die Messias reeds gekom vir ‘n eerste keer, maar Hy kom vir ‘n tweede keer. Hierdie keer om hul te red van Sy oordeel wat oor die wêreld kom. Soos die Jode in Egipte moes voorberei om uit te trek en die tiende plaag te ontkom, vereis dit van die kerk voorbereiding. Meer as dit, die voorbereiding is nie ‘n gemeenskapstaak nie. Nee elke persoon en gesin moes die keuse maak en die werk doen. Paastyd is ‘n heilige jaarlikse instelling waar ons nie net die dood van Christus gedenk nie. Dit is ‘n drie dubbele viering, Sy geboorte, Sy dood en Sy toekomstige wederkoms. Die wederkoms gaan ‘n menigvuldige vervulling wees van Sy Woord. Soos ons die tekens van die tye sien vervul word, moet daar erns in ons hart kom om die regte voorbereiding te doen.
LUKAS 21:28 AFR53
[28] En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.
Het jy voorberei?
Genade en Vrede vir jou.
David