Goeiedag.
Tema: Heuningkoeke
Daar is voorwerpe in die natuur wat ‘n mens net stom slaan met hul voorkoms. Voorwerpe soos blomme, skulpe, diere, ens, dinge wat spreek van bonatuurlike intelligensie in hul ontwerp. Een so ‘n voorwerp wat almal ken is ‘n heuningkoek. Die hoogs reelmatige, dubbel wand hexagonale stuktuur skep ‘n byna optimale stuktuur vir die stoor van voedsel en bye larwes, met die ekonomiese gebruik van materiaal en spasie. Die volgende twee verse dui op die nut van insig in die hart van ‘n mens:
Proverbs 14:33 NIV
[33] Wisdom reposes in the heart of the discerning and even among fools she lets herself be known.
Spreuke 14:33 AFR20
[33] In die hart van ‘n verstandige rus wysheid; selfs onder dwase is dit bekend. [34] Geregtigheid verhoog ‘n nasie, maar sonde is ‘n skande vir volke.
Die NIV vertaling bring die gedagte vir my mooi na vore. As ‘n mens dinge kan waarneem verby dit wat jy sien, gaan daar vir jou ‘n lig van openbaring oop. ‘n Moeilike begrip, maar ek herhaal: Kyk na die heuning koek maar kyk verby die heuning en was, en sien dit vernuftige ontwerp daarvan raak. Die Here het die bye geleer hoe om ‘n heuningkoek te bou met minimum materiaal en maksimum sterkte. Sien Sy skeppings wonder daarin raak. Die res van die vers stel dit maar net duidelik dat selfs mense wat nie die Here ken, dit kan verstaan en hul daaroor verwonder. Hierdie Goddelike wonderbare ontwerpe kom dwarsdeur die natuur voorkom. Daar is n kas vol Skrifte wat verwys na die wonderbare dinge in die lewe, bo die begrip van ‘n mens, so byvoorbeeld:
PSALMS 139:6 AFR53
[6] Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie
Hoe meer die mens die wonder van God en Sy gebod raaksien en verstaan hoe groter raak sy Godsvrese. Dit bring jou onder die besef van jou totale nietigheid teenoor Sy Goddelike krag en almag. Wanneer die vrese van God deel van jou kultuur is, gaan dit goed met n nasie. Wanneer ‘n nasie respek vir God en Sy gebod verloor gaan dit ten gronde. Dan bring ongeregtigheid ‘n nasie op sy kniee en dit verdwyn later. Hoe kan ons die Almag van God dan nie meet deel met ‘n blinde wereld nie.
Genade en Verde vir jou.
David