Goeiedag. Tema: Oorstelp
Oorstelpt is ‘n ou Afrikaanse leen woord uit Nederlands, wat beteken om oorlaai te wees. Wanneer mens stil raak en oor die betekenis van die Paas gebeure peins, raak mens oorstelpt met emosie.
‘n Warboel kontrasterende emosies wat oor die hele spektrum strek. Hartseer, skuld, medelye, dankbaarheid, verwondering, jubel, verwagting , ens, Ook op die dissipels was die belewenis sodanig dat ander aanstoot geneem het, lees gerus LUKAS 19 vir konteks. Daar staan geskrywe:
LUKAS 19:39-40 AFR53
[39] En sommige van die Fariseërs uit die skare sê vir Hom: Meester, bestraf u dissipels! [40] En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep.
Die klippe sal inderdaad uitroep as die kinders van God nie die nuwe era uitroep nie. Wat is die nuwe era, dit is:
Nuwe Gods gehoorsame heersers op aarde, mense wat weergebore is uit water en gees (JOH 3: 5-6 ) Dissipels met autoriteit:
MATTHÉÜS 10:7-8 AFR53
[7] En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom. [8] Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.
Dissipels wat bekragtig is en funksioneer onder die krag van Heilige Gees:
HANDELINGE 2:2-3 AFR53
[2] En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. [3] Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.
Sy Dissipels wat toegerus is met die gawes van die Heilige Gees:
I KORINTHIËRS 12:4-5 AFR53
[4] Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; [5] en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;
Die Dissipels wat toegerus is met ‘n wapenrusting:
EFÉSIËRS 6:11 AFR53
[11] Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
Dissipels wat deur die Gees vrug dra:
GALÁSIËRS 5:22 AFR53
[22] Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
Dissipels wat God meer lief het as die lewe om die koninkryk van God uit te lewe. Dit het met twaalf begin, deur die eeue is biljoene gered. Daarom kan niemand stil bly oor die Paas gebeure nie.
Genade en Vrede vir jou.
David