Tema: Regerings
Goeiedag.
Is jou diepste begeerte nie om in vrede en veiligheid ongestoord te lewe nie. Om ‘n vooruitsig vir môre te hê en aan ‘n toekoms te bou nie? Ongelukkig word die mens, dikwels nie toegelaat om dit te doen nie. Regerings wat met ongeregtigheid regeer, verarm en vernietig dikwels hul eie mense se voorspoed. Jy moet blind wees as jy dit nie raaksien nie, kyk maar net die gevolge van die oorloë wat rondom ons aangaan. N skandvlek vir nasies soos die Skrif sê:
SPREUKE 14:34-35 AFR53
[34] Geregtigheid verhoog ‘n volk, maar die sonde is ‘n skandvlek vir die nasies.
Dit is nie asof die Here Sy kinders as slagoffers gelaat het nie. Hy gee hul invloed oor die gebeure in hul land.
I TIMÓTHEÜS 2:1-2 AFR53
[1] IN die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; [2] vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.
Glo jy dit?
Sekerlik nie onvoorwaardelik nie?
Is daar te veel gebeure wat die teendeel bewys?
Dit is belangrik om daarop te let dat Paulus hierdie woorde skryf in die tyd toe die Romeine die mag oor, onder andere die Jode gehad het. Die Jode het die Romeine gehaat, sodanig dat hul in rebellie gekom het. Dit het gelei tot die vernietiging van Jerusalem in 70 NC. Nog erger, al die Jode is uit die land verwyder in ongeveerd 162 NC. Hul het in verstrooiing gebly vir bykans 2000 jaar, tot die einde van die Ottoman Moslem ryk ongeveerd 120 jaar terug.
Is hierdie Skrif dan waar? , JA, defnitief so. God stel konings en heersers aan.
DANIËL 2:21 AFR53
[21] Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het;
Ten spyte van ons belewenisse moet ons steeds bid vir hulle wat deur God aangestel is. Dit is voel soms moeilik, maar ons bid nie vir hul voorspoed met ongeregtigheid nie. Ons bid dat God hul in bedwang moet hou en dat God hul moet verwyder as hul buite Sy wil beweeg. Onthou die deel van die Onse Vader; ( Mat 6 ), verlos ons van die bose.
Genade en Vrede vir jou.
David