Goeiedag.
Tema: Diens Beplanning
Die liewe beplanning is gewoonlik ‘n pyn vir almal. Dit sou soveel makliker gewees het om net voort te voeter en nie na grense te kyk nie. Beplannings is noodsaaklik vir begrotings, tyd spandering, daaglikse verantwoordelikhede, oefening, dieet, gebed ,ens. Om sonder beplanning te lewe soos om te reis sonder kaart, sotheid volgens spreuke.
SPREUKE 15:21-22 AFR53
[21] Sotheid is ‘n vreugde vir die verstandelose, maar ‘n man van verstand wandel reguit. [22] Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.
Vir die gelowige is geloof ‘n integrale deel van beplanning. Die hoof motief van ‘n gelowige se beplanning is nie net om winsgewend te wees in sy onderneming nie. Daar is ‘n primere motief en dit is om die Here te vereer met die doen en late. Dink jy dat die mens die koninkryk van God kan bou op n indirekte manier?
Is die aksie om ander te ondersteun om die evangeliesasie te doen ook koningkrykswerk ? Lees
DEUTERONÓMIUM 12:19 AFR53
[19] Neem jou in ag dat jy die Leviet nie aan sy lot oorlaat solank as jy in jou land lewe nie.
HEBREËRS 6:10 AFR53
[10] Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.
Dit is duidelik uit die Woord dat dit die Here se bedoeling is dat gelowiges, die gelowiges wat voltyds vir Hom werk, emosioneel en finansieel in staat moet stel om hul werk te doen. Selfs Jesus is deur ander finansieel bemagtig tydens Sy aardse bediening.
LUKAS 8:3 AFR53
[3] en Johanna, die vrou van Gusa, ‘n bestuurder van Herodes, en Susanna en baie ander wat Hom almal met hulle besittings gedien het.
Hier is drie Skrifte, uit die baie, wat daarop wys dat gelowiges die Here ook met inkomste behoort te dien. Hierdie saak behoort ‘n deel van die gelowige se finansieele beplanning te wees. Ek praat nie van tiende soos Abraham ‘n deel van sy buit aan Malgisedek gegee het nie. In die NT is daar nie ‘n persentasie ter sprake nie, dit is soos die Here in jou hart praat en Hy jou in staat stel. Hier kom ook wysheid te pas.
Genade en Vrede vir jou.
David