Goeiedag.
Tema: Guns
Hoe ervaar jy die goedheid en guns vd Here in jou lewe (Ps 23:6) ? As mens n kind is, is die voorspoed van jou gesin vir jou vanselfsprekkend. Dit is eers as jy ouer is en self verantwoordelikheid dra dat jy perspektief kry deurdat jy die omstandighede van ander sien. Dit is wys om n standaard gebed te :
Here open my oë en hart vir dankbaarheid. Glo en bleef jy die vogende stellings:
SPREUKE 15:25-26, 29 AFR53
[25] Die Here ruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn van die weduwee stel Hy vas. [26] Die planne van die slegte is vir die Here ‘n gruwel, maar vriendelike woorde is rein.
[29] Die Here is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy.
Is dit regverdige afleiding uit die aangehaalde gedeeltes dat die Here sorg vir Sy kinders maar is die vyand van ongelowiges. Na my mening is dit net jou vyand wat jou huis vernietig, wat jou planne sien as gruwelik en jou gebede ignoreer. In teenstelling hiermee belewe hulle wat aan Hom gehoorsaam is goedheid en guns. Dit is so ironies dat die Here die mens wil seën en voorspoedig maak maar die mens verkies sy eie pad. ‘n Pad volgend jou eie wil is gedoem en bring teespoed en vernietiging. Jesus gee .n staande uitnodiging wat vandag, nou nog uitnooi:
MATTHÉÜS 11:28-30 AFR53
[28] Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. [29] Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; [30] want my juk is sag en my las is lig.
Die uitnodiging begin met ‘n voorwaarde, kom na my toe. Hy staan bo die mens se dryfsand van sonde, die mens moet net sy hand uitsteek vir hulp. Die gelykenis van die tollenaar wys daarop hoe maklik dit is (LUKAS18:13).
In effek bid elke gelowige daagliks hierdie gebed: vergeef my, my skulde, soos ek vergewe, gee daaglikse brood, lei nie in versoeking nie, verlos van die bose. ‘n Erkenning van behoefte aan guns. Dit is slegs, eksklusief, net deur Christus beskikbaar.
Mag jy Sy genade en Verde en gund beleef .
David