Goeiedag.
Tema: Leerbaar
Het jy ook al die woorde gehoor: ” Niemand sê my niks”. Dit is die top punt van hoogmoedigheid. Dit beteken so ‘n persoon het op ‘n plek gekom waar persoonlike groei en kennis gestagneer het. So ‘n persoon verhef homself bo alles en almal en maak in effek die stelling dat hy beter weet as almal.
Die gelowige se lewe is ‘n lewe van voortdurende onderrig. Net die feit dat hy daagliks die Woord lees getuig van ‘n begeerte om te groei in kennis en verhouding. Die Woord word deur die Heilige Gees vir [n mens oop gemaak. Dit is nie die woorde wat daar geskryf staan wat die krag het nie, dit is die betekenis daarvan wat lewe bring. Byvoorbeeld
DEUTERONÓMIUM 22:10-11 AFR53
[10] Jy mag nie met ‘n os en ‘n esel tegelyk ploeë nie. [11] Jy mag geen gemengde stof, wol en linne tegelyk, aantrek nie.
Paulus verduidelik die Skrifte met ‘n verduideliking:
II KORINTHIËRS 6:14 AFR53
[14] Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid….
Wanneer ‘n gedeelte se betekenis dan probeer verstaan word met die gedagte agter die woorde, of anders gestel wat is die beginsel wat agter die voorbeeld is dan kom die regte toepassing.
Die belangrikheid daarvan om te buig voor ‘n meerdere kan nie genoeg beklemtoon word nie. Eerstens moet die mens sy onvermoë en beperkings besef sodat hy ‘n leerbaar kan wees. Die beginsels wat in die hele Woord staan is die enigste waarheid en van toepassing op alle mense. Daar kan baie gesê word oor hoe die Woord homself herhaaldelik bevestig. Dit is vir die mens gegee as primêre opvoedings bron. Dit begin met vrees vir die Here en ontsag vir die geopenbaarde woord:
SPREUKE 15:33 AFR53
[33] Die vrees van die Here is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf.
Proverbs 15:33 NIV
[33] Wisdom’s instruction is to fear the Lord, and humility comes before honor.
Is jy ook dikwels opstandig oor die wysheid wat die Woord openbaar, veral as dit jou wil aan bande lê? Daarom sê die Skrif: Stry hard om in te gaan.
Genade en Vrede vir jou.
David