Goeiedag
Draadsitter
Het jy geweet dat daar in die natuur ‘n wet is wat die stelling maak: Vir elke aksie is daar ‘n gelyke maar teenoorgestelde reaksie (Newton se derde wet). Dit is hier ‘n bietjie vaag beskryf maar bring die beginsel uit dat alle aksies gevolge het. Die beginsel van draadsitter of ‘n neutrale aksie bestaan nie wetklik nie. Jesus se eie woorde is:
MARKUS 9:40 AFR53
[40] want wie nie teen ons is nie, is vír ons.
Dit is of vir of teen, geen middeweg.
‘n mens is of in die kamp van lig of in die kamp van duisternis, gered of ongered, kind van die duiwel of kind van God. SPREUKE noem in die volgende paar verse voorbeelde van aksie en reaksie. Die ..fokus is op die negatiewe gevolge van ‘n swak karakter, defnitief afbrekend van aard.
SPREUKE 16:26-29 AFR53
[26] Die honger van die werksman arbei vir hom, want sy mond jaag hom aan. [27] ‘n Deugniet grawe ‘n kuil van onheil, en op sy lippe is soos ‘n brandende vuur. [28] ‘n Man van valse streke saai tweedrag, en ‘n kwaadstoker skei vriende van mekaar. [29] ‘n Man van geweld verlei sy naaste en lei hom op ‘n weg wat nie goed is nie.
Dit is nodig om kennis te neem van die vrug van verskillende karakters sodat jy diesulke mense kan vermy. Daar is ‘n Afrikaanse spreekwoord: Meng jou met die semels dan vreet die varke jou op. Slegte vriende bederf goeie sedes. As kind kon mens nie verstaan dat jou ouers jou weerhou het van sekere vriende nie, maar met lewenservaring kom die wysheid daarvan tevore. Baie sal sê dit is hoogmoed maar dit is net gesonde verstand. Die ergste van alles, dit kom uit die Woord:
II THESSALONICENSE 3:6 AFR53
[6] Ons beveel julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, dat julle jul onttrek aan elke broeder wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie.
Baie duidelik mag ‘n gelowige nie neutraal bly teen ongeregtigheid onder gelowiges nie. Daar is nie plek vir draadsit nie maar optrede word vereis, passief soos bo as aktiefwe vermaning nie vrugte afwerp nie. ‘n Taai onpopulere bevel.
Genade en Vrede vir jou.
David