Goeiedag.
Tema: Konings
Het jy al ooit gewonder hoekom die volgende verse in die Woord is?
Ons ondervinding van wêreld en politieke heersers is nie van mense wat in geregtigheid hul taak doen nie. Die teendeel is waar. Selfs koning Dawid het Urīa laat vermoor en sy vrou gevat (2 SAM 11). Vir my is daar ‘n wyser betekenis, wat ‘n toepassing vind in elke gelowige se lewe. Oordink waar dit van toepassing in jou eie lewe, as kind van die Almagtige is:
SPREUKE 16:12-15 AFR53
[12] Dit is ‘n gruwel vir konings om goddeloosheid te doen, want deur geregtigheid word die troon bevestig. [13] Die konings het behae in regverdige lippe, en hulle het hóm lief wat regte dinge spreek. [14] Die grimmigheid van die koning is soos boodskappers van die dood, maar ‘n wyse man bring dit tot bedaring. [15] In die vriendelike blik van die koning is lewe, en sy welgevalle is soos ‘n wolk van dit laat reën.
Die sleutel lê in:
I PETRUS 2:9 AFR53
[9] Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, ( En ander verse)
In jou koninklike priesterskap is hierdie verse die gedrag waarmee jy die deugde van Christus verkondig. Ons dink nie dikwels aan ons posisie in Christus nie. Die bose kry dit reg om met triviale dinge, soos ons eie feilbaarheid, ens, ons besig te hou. Darmee ons heerskappy te verwaardeloos. Jesus het aan elke gelowige bonatuurlike gesag gegee om te heers en geregtigheid uit te oefen. Glo jy my nie?
Lees LUKAS 10:
LUKAS 10:19 AFR53
[19] Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.
Volgens die Woord het gelowiges mag oor die duiwels, die weer (Elia), lewe en dood (Petrus), siekte, toegang tot die hemel, seëninge, ens. Die Woord is vol van voorbeelde waar gelowiges deur geloof hierdie deugde gebruik,soek dit op. Die vraag is hie lank nog, gaan ek en jy, nie aktief hierdie gawes benut nie? God se koninkryk is ‘n koninkryk van krag!!!
Genade en Vrede vir jou.
David