Goeiedag.
Tema: Ou mense
Het jy al ooit gedink wat ouderdom vir jou gaan bring? Waarskynlik nie, want dit voel vêr verwyder. Dit is eers as mens in jou veertigs kom en begin somme maak dat jy besef dit kan ‘n donker tyd in jou lewe wees. Dis so veral as jy nie lankal begin voorsorg tref het nie. Alhoewel finansies ‘n baie belangrike aspek is, is daar ‘n matelose belangriker saak naamlik die voorbereiding vir die ewige lewe. In die Woord staan jou lewensverwagting is sewentig tot tagtig jaar, dit gaan in ‘n oomblik verby. Vir diegene wat die Here dien hou ouderdom geen verskriking in nie want dit is geskrywe:
SPREUKE 16:31 AFR53
[31] Grysheid is ‘n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.
Seniors het ‘n groot verantwoordelikheid op hul want hul sending roeping verval nie wanneer hul rustiger begin lewe nie:
PSALMS 71:18 AFR53
[18] En ook tot die ouderdom en die grysheid toe — o God, verlaat my nie, totdat ek aan die volgende geslag u arm verkondig, aan almal wat sal kom, u mag.
Baie oumense vrees dat die Here hul sal agterlaat soos ou skoene, daarom maak die Here die volgende belofte om hul sekerheid te gee:
JESAJA 46:4 AFR53
[4] en tot die ouderdom toe is Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem, en Ék sal dra en red.
Daar is n rede hoekom die Woord jongres leer om seniors te eer. Gelowige ouer mense het die toetse van die lewe geslaag, en hul geloof gehou. Dit is n groot ding, luister na Paulus:
II TIMÓTHEÜS 4:7 AFR53
[7] Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.
II TIMÓTHEÜS 4:8 AFR53
[8] Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige….
Hierdie lewens einde is nie vanselfsprekend nie, dit is genade en deursettings vermoë. Op ‘n ander plek praat Paulus van ‘n ten bloede stryd. Dit bring ervarings wat meer werd is as fyn goud. Dit is raadsaam vir jongres om by die grysaards te gaan leer. Hul het ook al geleer dat net die wat vra regtig raad sal aanneem.
Genade en Vrede vir jou.
David