Goeiedag.
Tema: Bouers
Ek hou van die Engelse woord “vibe” wat in ou Afrikaans seker houding is. Dit beskryf iets abstrak wat net aangevoel kan word maar nie gemeet kan word nie. Daar is nog sulke woorde byv ,cool, funky, agro, ens wat alles dui op iets wat iemand uitstraal. My mening is dat dit geestes energie is waarvan die bron binne jou is. Hierdie energie of vibe is of positief of negatief en het ‘n invloed op ander. Dit trek mense aan of stoot hul af, vandaar die spreukwoord: ” Soort soek soort”. Die Woord gee baie voorbeelde van negatiewe energie en die gevolge daarvan, hier is twee met ‘n wye toepassing:
SPREUKE 17:19-20, AFR53
[19] Wie twis liefhet, het oortreding lief; hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking.
(Deur hoog maak is beeldspraak vir hoogmoed en op ander afkyk )
[20] Wie verkeerd van hart is, vind die goeie nie; en hy wat vals is met sy tong, val in die ongeluk.
Gelowiges se volwassenheid word weerspieel in watter mate daar lewe uit hul vloei.
JOHANNES 7:38 AFR53
[38] Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
In konteks is dit die Heilge Gees wat deur jou werk, met gawes en vrug. Dan raak jy ‘n mense opbouer want jou vibe is die lewendmakende Gees. Dan versprei jy Christus se reddende genade aan ander. ‘n Donker wêreld van sosiale en morêle verval word jy ‘n ligdraer en ‘n maatstaf waaraan ander hulself meet. Hoe skyn jou lig?, tot Chirstus se eer of oneer. Gee jy positiewe energie af wat ander opbou, optel, herstel en hoop gee?
Ek raak dikwels emosioneel as ek sien hoe mense uit hul pad gaan om ander te help en goed doen. Ongeveinste liefde uitdeel, waarby hulself niks baat nie. Doen gerus ‘n media studie om die omvang te weet, ek is seker jy sal ook verbaas wees. Laat jou aanspoor om uit te reik, al is dit net met ‘n groet en ‘n glimlag, salfolie vir n gebroke gees.
Genade en Vrede vir jou.
David