Goeiedag
Tema: Geld
Ken jy die idoom; geld wat stom is maak reg wat krom is?
Dit beteken dat geld dikwels probleme kan oplos of dinge kan regmaak wat verkeerd is, selfs al is dit onregverdig of oneties.
Die mag wat geld die mens bied is die aantrekkingskrag van geld. Dit bring van kos op die tafel tot weelde en invloed, die hele spektrum van ‘n mens se lewe word daardeur beinvloed. Daarom raak geld en die verkryging daarvan dikwels ‘n afgod, Mamon, in ‘n mens se lewe. Dit word dikwels ‘n obsessie, terwyl dit maar een faktor van baie is wat tot die lewe bydra. Geld het meer beperkinge as wat mens dink. Sekere uiters waardevolle dinge is buite die bereik van geld: saligheid, vrede, geluk, gesondheid, lewe, ware vriendskap, ewige lewe, ens. Daarom sê die Woord:
SPREUKE 16:16 AFR53
[16] Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud, en verkiesliker om verstand te verwerf as silwer.
Hierdie beginsel word illustreer as daar gekyk word na die lewens van lottery wenners. Die meeste is vinnig bankrot en vernietig, terwyl die minderheid die geld gebruik tot opbou van iets blywend. Vir wyser en ouer mense word die hoeveelheid geld wat persoon besit irrelevant, hul kyk na karakter om ‘n persoon se waarde te bepaal. Karakter kan nie gekoop word of aangeleer word nie, ware karakter kom as ‘n geskenk van God af. Wanneer ‘n mens God se karakter najaag word jy ‘n oorwinnaar vir ewig. Die Evangelie boodskap is juis dit; dat ‘n mens ‘n kind van God kan word. Dan word jy ‘n mede erfgenaam van die ewige lewe, ‘n onmeetbare rykdom. Aardse skatte kom nie eers in die prentjie van hierdie voorreg nie.
Maar ons is nog nie daar nie, alhoewel ons hoop daarop, en moet nog lewe. Die Woord se raad hierop is:
PSALMS 37:4-5 AFR53
[4] en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. [5] Gimel. Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;
Glo jy dit? As jy so doen sal God jou lief hê en vir jou sorg as ‘n eie kind. Dan sal jy geen gebrek in hierdie of in die ewige lewe ervaar nie.
Genade en Vrede vir jou.
David