Goeiedag.
Tema: Betrokke
Wie onthou ‘n tyd toe daar doodse stilte in aanbidding was, in die kerk en die orrel gewyde musiek gespeek het todat die kerkraad instap? Almal was eerbiedig stil in afwagting vir lofsang en Godswoord. Dit is so kontrasterend met vandag se belewenis in die meer vrye aanbidding styl. Die dae toe gemeentesang uit volle bors gesing was. Dit was die tye toe gemeente betrokkenheid en meelewendheid ‘n kenmerk van die kerk was. Ek verraai seker my ouderdom met die stellings want daar is min mense oor wat dit beleef het. Tog is betrokkenheid volgens die Woord ‘n kenmerk van gelowiges. Die vroeë kerk het selfs hul eiendomme verkoop en vir mekaar gesorg.
JOHANNES 13:34-35 AFR53
[34] ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. [35] Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.
Wanneer mens lief is, is jy betrokke, die een is die vrug van die ander. Die volgende twee verse dui op direkte betrokkenheid van een mens in ‘n ander se lewe, albei gevalle van vredemakers:
SPREUKE 17:2, 9 AFR53
[2] ‘n Verstandige dienaar sal heers oor ‘n seun wat skande maak, en onder die broers sal hy die erfenis verdeel.
[9] Wie ‘n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat ‘n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.
Wanneer jy uitreik na ander kry jy baie klappe, maar dikwels is jy ‘n lig in die donker van ander. Dit laat mens dink aan die Skrif: As hul jou op die een wang slaan, draai ook die ander. Hou aan om uit te reik na ander, dit is tog die groot opdrag. Gaan lees Jesus se woorde toe Hy die sewentig uitstuur; dryf duiwels uit, maak siekes gesond, leer hul sorgvuldig. Verder besoek gevangesnes, siekes, hul wat honger is, hul wat water kort,ens. Is dit nie waarom waarom die evangelie draai nie? Dit beteken betrokkenheid van elke gelowige met elke geleentheid wat die Here hom bied. Dit beteken ook betrokkenheid in aanbidding, lofprysinge, ere dienste ens.
Wat is jou perspektief op betrokkenheid?
Genade en Vrede vir jou.
David