Goeiedag.
Tema: Isoleer
Dit is eers as jy in ‘n tent of sink huis moet slaap dat jy agterkom hoe warm of koel ‘n steenhuis is. Die dik muur isoleer jou teen die hitte, koue, winde,ens.
Het jy al nodig gehad om ‘n muur rondom jou te bou vir emosionele beskerming? Dit is ongelukkig soms nodig, want die wêreld is ‘n wrede plek en tonge kan diep wonde bring. Gelukkig bied die Here beskerming aan Sy kinders in alle aspekte. Teen die, skerp tonge, verwerping, minagting, jaloesie, afguns, daardie fisiese en emosionele swaarde wat daarop uit is om te vernietig.
PSALMS 61:4-5 AFR53
[4] Want U het ‘n toevlug vir my geword, ‘n sterk toring teen die vyand. [5] Ek wil in u tent vertoef vir ewig, in die skuilplek van u vleuels my verberg. Sela.
Ook Ps 91 handel oor die skuiling wat die Allerhoogste bied. Hierdie is ‘n hele onderwerp op sy eie.
Ongelukkig is die normale reaksie van ‘n mens wat seerkry dat hy homself isoleer, en tragies soms ook van God. Dikwels is mense kwaad en blameer vir God oor die boosheid en seer in die wereld. Sonde het gemaak dat Adam en Eva hulself geminag het en gevolglik vir God weg gekruip het. Voel jy ook soms naak en blootgestel soos hulle gevoel het?
As jy seer het, is jy verswak en verwond, dan is jy nie op die beste plek om te veg nie, dit is juis dan wat jy hulp nodig het.
Self isolasie is die verkeerdste toestand waarin jy kan gaan. Een van die betekenisse van die volgende Skrifte is juis ‘n waarskuwing teen dit
SPREUKE 18:1, 3 AFR53
[1] HY wat hom afskei, soek sy eie begeerte; hy bestry alles wat waarlik tot voordeel strek.
As jy seerkry wil jy graag vergelding en wraak hê. Moenie jouself afskei nie, maar neem dit na God toe. Deur te vergewe, plaas jy dit in God se hand. Wraak begeetres is nie verkeerd nie en is normaal. Dit is netso, dat jy nie self reg kan laat geskied sonder om self te oortree nie. Daarom moet jy dit aan God oorlaat. Luister na Sy stem:
ROMEINE 12:19 AFR53
[19] Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.
Mag jy die talle voorbeelde volg wat in die Woord is, van hul wat op God wag om geregtigheid te laat geskied.
Genade en Vrede vir jou.
David