Goeiedag.
Tema: Oproep
Het jy al agtergekom dat dwarsdeur SPREUKE ‘n lyn is van onderrig van ‘n ouer aan hul kind? Dit is nie net van toepassing op aardse vlak nie, maar ook onderrig deur die Heilige Gees aan die kerk. Net soos kinders ouers kan bedroef, kan gelowiges die Heilige Gees bedroef en teestaan.
SPREUKE 17:25 AFR53
[25] ‘n Dwase seun is ‘n verdriet vir sy vader en bitter smart vir haar wat hom gebaar het.
Ware ouer liefde word nie net gesien, uit die opofferinge wat ouers vir hul kinders doen nie, maar ook in die dissipline wat ouers in kinders kweek. Dit is nie noodwendig ‘n aangename taak nie maar ‘n noodsaaklikheid wat gedoen moet word. In die gelykenis van die verlore seun word illustreer hoe ‘n goeie ouer teleurgestel word deur dwase seun. Sy broer het die ouer sorg en opvoeding aanvaar en daarop voortgebou. Die dwase seun se opvoeding was tevergeefs todat die lewe hom gebreek het. Paulus roep die gemeente op, om ag te gee op die onderig wat hul ontvang het sodat hul die vrug daarvan kan pluk.
II KORINTHIËRS 6:1 AFR53
[1] EN as medewerkers vermaan ons julle ook dat julle die genade van God nie tevergeefs mag ontvang nie.
Die hele doel van die Evangelie van Jesus Christus is om ons kinders van God te maak:
II KORINTHIËRS 6:18 AFR53
[18] en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.
Ek is van mening dat daar ‘n mate van angs in die hemel is oor gelowiges. Sal hul gehoor gee aan die Woord en die stem van die Heilige Gees, wat hul die pad van die lewe waarborg. Hierteen staan die waarde van wereldse aanvaarding, vriendskap en genot. ‘n Nougesette lewe volgens die riglyne van die Woord en die Gees bring vreugde in die Here, maar ook vyandskap van die wereld. Die bring ‘n afgesonderde lewe. Hiervan getuig die lewens verhale van vele gelowiges in die Woord. Die Woord roep ons op tot ‘n nou gesette lewe van vryheid in Christus. Is jy bereid om die eensame pad met Christus te stap?
Genade en Vrede vir jou.
David