Goeiedag
Tema: Geleenthede
PSALMS 127:1-2 AFR53
[1] ‘n BEDEVAARTSLIED. Van Salomo. As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die Here die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter. [2] Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet — net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!
Daar is een waarheid wat tot jou deurdring as jy ouer word. Dit is die feit dat wat jy is en wat jy het, net uit genade kom en nie uit verdienste nie. Vir sommige het geleenthede gekom vir ander nie. Geleenthede kom uit genade, en die sukses daarvan is die seën vd Here. Daar is nie iets soos ‘n selfgemaakte man of vrou nie, dit is ‘n mite. Selfs die geloof kom uit genade;
JOHANNES 3:27 AFR53
[27] Johannes antwoord en sê: ‘n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie.
Die Woord vra met reg; wat het jy wat jy nie ontvang het nie (1KOR4:7). Daar is geen plek vir selfvoldaaning of hoogmoed in ‘n gelowige se lewe nie. Behalwe dat God hoogmoed haat, weerstaan Hy jou hoogmoed. Daarom staan daar:
SPREUKE 17:5 AFR53
[5] Hy wat die arme bespot, versmaad sy Maker; hy wat bly is oor ‘n ongeluk, sal nie ongestraf bly nie.
Dit spreek van self dat armoede nie uitsluitlik die gevolg is van luiheid nie. In die meerderheid is dit ‘n gevolg van omstandighede. Netso kom ‘n ongeluk as gevolg van abnormale omstandighede, hoe kan mens dan daarin verlistig.
Ander se teespoed bied geleenthede vir die gelowige om uit te reik in liefde. Wanneer daar in liefde uitgereik word, dra dit God se seën en goedkeuring. Uitreiking moet egter binne die grense van die Here se riglyne plaasvind. Die Here se fokus is op herstel en vrymaking, om te red wat verlore gaan. HY bemagtig die mens om vry te kom, want die mens is nie in staat is om homself te red nie. Die vraag is of ek en jy al bepaal het wat die Here se riglyne en grense is vir sulke geleenthede? Vrae soos wat is my rol en wat is die Here se rol? Ek kan aan baie vrae dink, of maak ek dit te kompleks?
Genade en Vrede gir jou.
David