Goeiedag.
Tema: SY naam
Hoeveel liedere ken jy wat die naam bo alle name, JESUS CHRISTUS, besing.
FILIPPENSE 2:9 . Meer as ‘n handvol want dit is jou en my redder se naam. In SY naam vind ons redding, beskutting , krag, verlossing, seën…. Salomo begryp al die krag van Sy naam nog lank voor HY gebore is.
SPREUKE 18:10 AFR53
[10] Die Naam van die Here is ‘n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.
Hierdie vers kan eers na waarde geag word as dit in die volgende konteks gelees word:
JESAJA 9:5-6 AFR53
[5] Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors — [6] tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. ……
Vir elke denkbare en ondenkbare situasie bring HY oorwinning. Volgens Wikipedia word die Christendom op 2,64 biljoen geskat, bykans ‘n derde van die wereld bevolking. Kan jy dit jou indink in die krag van gebed wanneer almal die Onse Vader bid. Kan jy dink as almal sou saamsing of saambid , ‘n koor wat die aarde sal laat skeur. Jou persoonlike gebed is weglaatbaar in die massa, maar deur gebed skakel jy in hierdie kragbron in, dit verander jou. Daar is krag in vurige gebed. Die Woord verwoord dit so mooi:
HEBREËRS 12:22-24 AFR53
[22] Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tienduisende engele, [23] by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges, [24] en by Jesus, die Middelaar van die nuwe testament, en die bloed van die besprenkeling…
Deur die naam van Jesus aan te roep raak ons deel van hierdie vergadering. Niks kan standhou voor SY almag nie. Woorde ontbreek om hierdie begrip te omvang en te beskryf, want dit is te wonderbaar. Laat ons dan nie nalaat om voor Hom te verskyn nie.
Genade en Vrede vir jou.
David