Goeiedag.
Tema: Mentors
Dit is vandag ‘n buzz woord om van ‘n mentor te praat. ‘n Mens kies ‘n mentor volgens jou eie begeerte, dit wat jy in ‘n ander sien waarna jy streef. As jy wil geld maak, kies jy ‘n persoon wat geld gemaak het, as jy wil spiere hê kies jy ‘n Mnr wereld in liggaamsbou, as jy golf jou lewe maak kies jy ‘n man soos Gary Player, ens. Wanneer jy ‘n kind van God wees kies jy ooglopend Jesus. Paulus se woorde :
I KORINTHIËRS 11:1 AFR53
[1] WEES my navolgers, soos ek dit ook van Christus is.
Maar weet jy die vereistes waaraan ‘n mens moet voldoen om as ‘n mentor te kwalifiseer in God se oë. Paulus kon homself aanbied as mentor omdat hy ‘n getuie besit van beproeftheid en waardigheid. Jesus is in die hemel daarom sal elkeen ‘n beproefte mens moet gebruik as mentor. Wanneer ‘n man voldoen aan die vereistes van ‘n ouderling volgens die Woord is hy geskik as mentor. ‘n Jong mens word diskwalifiseer as mentor deurdat hul nog nie beproef verklaar is deur God nie. Net mense wat deur die meule van die lewe gekom het en in hul geloof volhard het ten spyte daarvan, is geskik as mentors.
SPREUKE 17:28 AFR53
[28] Selfs ‘n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.
[4] Die woorde van ‘n man se mond is diep waters, ‘n stroom wat bruis, ‘n fontein van wysheid.
Hierdie aanhalinge wys daarop dat mentors nie baie spraaksaam is nie, maar eerder deur voorbeeld lei, jy herken hul aan hul vrugte. Wanneer hul praat praat hul versigtig en met die gesag van ondervinding van sukses. Dit is soos vers [4] beskryf, diep woorde van betekenis bekragtig deur die Heilige Gees.
Persoonlik het ek die voorreg beleef om onder ‘n mentor van skool dae tot op Universiteit te wees. Hy het my lewe gevorm en gerig volgens die Woord, iets waarvoor ek verewig aan hom verskuldig sal wees. Dit is nie net jong mense wat mentors nodig het nie, selfs as jy oud is, is daar nog vriende wat insette in jou lewe maak en jou goeie raad gee, wat as klankbord dien vir hoe jy dinge verstaan.
Het jy ‘n mentor in jou lewe?
Dink jy dat jy baat sal vind uit ‘n mentor, indien so, vra vir iemand waarvan die lewe getuig van ‘n goddelike inset.
Genade en Vrede vir jou.
David